FOTO Unsplash

FOTO Unsplash

Hieroor praat mense

Nuusstories wat jy misgeloop het

Ons almal is besig. En soms loop ons ’n nuusstorie of gebeurtenis sommer heeltemal mis. Hier is die nuusstories waaroor mense op die oomblik praat.

1. Vrou op ikoniese soenfoto sterf op 92

Die einde van die Tweede Wêreldoorlog en ’n passievolle soen – ’n oomblik in beeld vasgevang. Die foto waarop ’n onbekende matroos vir Greta Zimmer Friedman in haar verpleegstersuniform soen, het ikoniese status bereik. Die dag was 14 Augustus 1945. En gister is Greta in die ouderdom van 92 oorlede.

Lees meer oor dié bekende foto op Netwerk24.

2. Aardbewing van 5.7 tref Tanzanië

’n Aardbewing van 5.7 op die Richterskaal het die noordweste van Tanzanië in Afrika getref. Minstens 13 mense het gesterf en 203 mense is beseer. Vir meer oor dié storie, lees BBC.

En Sondag, 11 September, het die vulkaan Piton de la Fournaise op die Réunion-eiland vir ’n tweede keer vanjaar uitgebars.

3. Daar is vier soorte kameelperde

Jy lees reg! Navorsing wat vanoggend in die wetenskapsjoernaal Current Biology gepubliseer is, het bevind dat daar vier soorte kameelperde in Afrika voorkom. Daar is ook bevind dat dié vier kameelperdspesies nie met mekaar paar nie. Oor die jare het hul getalle van 150 000 tot net so onder 100 000 gedaal.

FOTO Unsplash

FOTO Unsplash

Lees meer op CNN.

4. Stan The Man klop vir Djoko

Die 31-jarige Switser Stan Wawrinka het Sondag die verdedigende kampioen, Novak Djokovic, by die Amerikaanse Ope geklop. Met 6-7(1) 6-4 7-5 6-3 het hy dié titel in New York verower.

Lees meer oor sy oorwinning by The Guardian.

Lees nou

Kyk wat het Victoria Beckham aangevang!

Selluliet: 7 dinge wat jy moet weet 

5 nuusstories waaroor almal praat