Hieroor praat mense

Nuwe Afrikaanse kookprogram begin vanaand

Kokkedoor soek die kok wat die lekkerste Suid-Afrikaanse smulkos kan maak. Jy kan daarom in dié reeks treffer-geregte soos kaiings en gebakte eier; suurdeegbrood met nastergalkonfyt; skaapboud en soetwortels; en bonesop met blokkies varkvet wat bo-op dryf, verwag.

Die eerste reeks van Kokkedoor skop vanaand af met 20 deelnemers. Dié reeks gaan ons vir 13 weke elke Donderdagaand vermaak.

Die finaliste spook dit uit op Prins Albert vir die finale prys: kontant, kookboeke en natuurlik die titel van die kykNET Kokkedoor!

Die beoordelaars vir dié reeks is Hetta van Deventer Terblanche, bekende koshistorikus en tradisiekenner, asook Nic van Wyk, die sjef by Diemersdal en tegniekmeester.

Kyk uit vir gasbeoordelaars gedurende die reeks – jy mag dalk net ‘n bekende gesig of twee sien!

Ontmoet die finaliste:

Alida KlopperCasper Zülch

Alida Klopper van Bloemfontein, en Casper Zülch van Rawsonville

Hannes RussouwJohann Breedt

Hannes Russouw van Groot Brakrivier, en Johann Breedt van Kaapstad

Mathilda VenterPetro Lotz

Mathilda Venter van Somserset-Wes, en Petro Lotz van Oos-London

Rendil PietersenSarel Loots

Rendil Pietersen van Wellington, en Sarel Loots van Sabie

Tiaan LangeneggerToitnette du Toit

Tiaan Langenegger van Stellenbosch, en Toitnette du Toit van Montagu

Aletta CoetzeeTrudie Niehaus

Aletta Coetzee van Worcester, en Trudie Niehaus van George/Wildernes

Hendry OlivierMynhardt Joubert

Hendry Olivier van Prins Albert, en Mynhardt Joubert van Malmesbury

Magda JohnstoneMarinda Engelbrecht

Magda Johnstone van Bloemfontein, en Marinda Engelbrecht van Hopefield

Poppie CoetzerRiekies Huisamen

Poppie Coetzer van Kriel, en Riekies Huisamen van Krugersdorp

Riëtte StrydomTheresa de Vries

Riëtte Strydom van Amanzimtoti, en Theresa de Vries van Brandvlei

[box:full:grey:both]

Kokkedoor begin vanaand, 11 April om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144).

[/box]