FOTO Colette Y Photography

Hieroor praat mense

EKSKLUSIEF: Elana se baba

“Annabelle is die mooiste baba wat jy al ooit gesien het.” Dit is die radio- en TV-persoonlikheid Elana Afrika-Bredenkamp se eerste woorde aan ons oor haar en haar man, Ian Bredenkamp, se nuwe baba.

Annabelle Afrika-Bredenkamp is op 27 Januarie 2017 in Kaapstad gebore op 35 weke, ’n volle vier weke te vroeg.

“Ek was die Vrydag op pad om my naels te gaan doen. Ek kom toe agter die Braxton Hicks-sametrekkings wat in die laaste trimester van ʼn swangerskap gevoel word, word te prominent en te na aan mekaar,” het Elana aan SARIE.com vertel.

Sy het haar dokter gebel om te sê die kontraksies voel nie reg nie, dit voel anders as gewoonlik. By haar naels het Elana toe nie daardie dag uitgekom nie, sy is dadelik hospitaal toe. “Ek het eers by die hospitaal gaan koffie drink en vir my dokter gewag. Sy het skaars haar handskoene aangetrek en my ondersoek, toe sê sy: ‘Elana, jy is 2 cm ontsluit.’ Ek het dadelik vir Ian gebel waar hy in die gim was om die nuus met hom te deel.”

Hy het hom na die hospitaal toe gehaas. Hulle moes met hul 23 maande oue dogtertjie, Esther Beth, se skool reël om na Essie om te sien terwyl haar babasussie gebore word. Ook sy is in haar noppies oor die nuweling in die gesin.

Earlier than expected. We are proud parents of another girl ! And she is gorgeous. Thank you for your support and prayers xxx

A photo posted by Elana Afrika-Bredenkamp (@elanaafrika) on

Annabelle vorder goed en is gesond ten spyte daarvan dat sy vroeg gebore is. Elana is opgewonde, want, sê sy: “Sy kom môre huis toe! Sy is groter as die ander vroeggebore babas in die hospitaaleenheid. Die meisies is sterker as die seuntjies, hoor ek.”

Elana kom al ’n lang pad as televisie-aanbieder. Sy het haar in ʼn rits programme gevestig as een van kykNET se ankeraanbieders, en was een van die eerste aanbieders van MK89, die destydse Afrikaanse musiekkanaal wat groot alternatiewe aanhang geniet het.

Sy sit net nooit stil nie. Deesdae bied sy die program COZA op Via aan, en sy werk aan ʼn nuwe programreeks vir die kanaal waaroor sy nog nie mag praat nie. Sy is ’n vryskut-aanbieder vir SABC2 se ontbytprogram Expresso en dan het sy ook haar eie YouTube-kanaal op haar webwerf, www.chocolateface.co.za. Dit is ʼn reisprogram waarin sy vir kykers Kaapstad wys.

“Ek gaan nou my naels doen,” groet Elana, want ná die laaste paar weke se opwinding kry sy nou eers ʼn bietjie tyd vir haarself.

Kyk net die oulike fotosessie wat die gesin voor Annabelle se koms gereël het.

 FOTO Colette Y Photography

FOTO Colette Y Photography

FOTO Colette Y Photography

FOTO Colette Y Photography

 FOTO Colette Y Photography

FOTO Colette Y Photography

 FOTO Colette Y Photography

FOTO Colette Y Photography

 FOTO Colette Y Photography

FOTO Colette Y Photography

 FOTO Colette Y Photography

FOTO Colette Y Photography

 FOTO Colette Y Photography

FOTO Colette Y Photography

Lees nou

Bekende dra dieselfde rok 13 jaar later

Ons is opgewonde oor De Klerk Oelofse

Taylor Swift se eks praat uiteindelik