FOTO Instagram / @ginacalabrase

FOTO Instagram / @ginacalabrase

Hieroor praat mense

Melania Trump: 5 goed

Binnekort is daar ’n nuwe eerste vrou in die Withuis. Ná 8 jaar gaan ons nie meer vir Michelle Obama sien as FLOTUS (First Lady Of The United States) nie, maar vir die Sloween Melania Trump.

Sy is nie die eerste buitelander wat vir vier jaar in die Withuis sal woon nie. In 1825 het Amerika vir John Quincy Adams as sy sesde president verkies. Hy was getroud met ’n Engelse vrou, Louisa Adams.

Sy sal ook nie die eerste model wees wat die Withuis haar tuiste noem nie. Pat Nixon, vrou van die 37ste president, Richard Nixon, en Betty Ford, vrou van die 38ste president, Gerald Ford, was albei op hul dag model.

Maar Melania, wat in 2000 op die voorblad van GQ was, sal die eerste een wees wat al kaal vir ’n tydskrifvoorblad poseer het.

Hier’s 5 goed wat jy van die nuwe FLOTUS móét weet:

1. Melania (46) is in Slowenië gebore. In haar tienerjare het sy haar geboorteland verlaat om modelwerk in Milaan en later Parys te gaan doen. In 1996 is sy die eerste keer Amerika toe vir werk, in 2001 het sy ’n permanente inwoner van die land geword en in 2006 het sy haar Amerikaanse burgerskap gekry.

2. Sy en Donald het mekaar in 1998 ontmoet, verloof geraak in 2004 en in 2005 getrou. Die bruilof is deur talle bekende gaste, onder andere Hillary en Bill Clinton, bygewoon.

3. Melania praat vyf tale: Sloweens, haar moedertaal, asook Engels, Serwies, Frans, en Duits.

4. Sy het ook ’n kop vir besigheid. In 2010 het sy haar eie juweliersware- en horlosiereeks gevestig.

5. In 2000 het sy in ’n bikini geposeer op die mat van die Amerikaanse president se kantoor in die Withuis … Gelukkig was dit net ’n kamma-kantoor wat vir die fotosessie gestileer is.

Bronne: The Telegraph, Mirror

Lees nou

Kyk Spingbok-rugbyspeler se oulike tweeling

Ontwerp jou eie skoene en kry dit in ’n japtrap