kyknet
Hieroor praat mense

Nuwe kykNET & Kie-sepie eersdaags op kassie

Wie hou nie van ’n bietjie drama en intrige nie? Suidooster, ’n nuwe kykNET & Kie-sepie, is vanaf 16 November 2015 op die kassie.

Dié opwindende storie speel in die Wes-Kaap af, ’n eerste vir dié provinsie, en volgens Karen Meiring, M-Net se direkteur van Afrikaanse kanale, is daar iets in vir almal: “… die storielyne is universeel en ons sien uit daarna om dit met Afrikaanse kykers oor die hele Suid-Afrika te deel.”

Travis Taute, direkteur van Gambit Films, is net so opgewonde om deel van dié nuwe projek te wees: “Dit is ’n groot voorreg om ’n splinternuwe sepie vir kykNET & Kie aan te pak … Ons fokus daarop om seker te maak dat Suidooster ’n program op die skedule is wat nie gemis kan word nie.”

Suidooster is in lyn met M-Net se strategie om plaaslike inhoud te skep en sodoende inheemse tale te bevorder.

Moenie dié sepie misloop nie: Suidooster Maandag tot Woensdag (vanaf 16 November) om 20:00 op kykNET & Kie (DStv kanaal 145).

Lees ook