MOOD GS brein dink slim hand draws brain sign
Hieroor praat mense

NUWE STUDIE: Daar is nie iets soos ’n ‘manlike’ of ‘vroulike’ brein nie

Danksy nuwe navorsing wéét ons nou dis beslis net ’n mite dat daar iets soos ’n “manlike” en “vroulike” brein is, berig New Scientist

Die studie se bevindings is in die Proceedings of the National Academy of Sciences ​gepubliseer en wys dat fisieke verskille in breine niks met geslag te doen het nie. Die meeste mense se breine bevat sowel (sogenaamde) manlike as (sogenaamde) vroulike breinkenmerke, wat uiteindelik unieke neurologiese strukture vorm.

Daphna Joel en haar kollegas by die Universiteit van Tel Aviv in Israel het die breingrootte en -patrone van 1 400 mense bestudeer. Hoewel dit lyk asof 29 areas in die brein met geslag geassosieer kan word, het byna niemand in die groep ál die eienskappe wat met sy/haar geslag verbind word nie. Die individuele brein is ‘n komplekse struktuur en elke individu s’n is anders as dié van ander mense.

Kortliks, daar is beslis nie net twee tipe breine wat op grond van geslag geskei kan word nie.

Bronne: New Scientist en PNAS

Lees ook 

ZZZ

Lees hier vir meer inligting!