ice1
Hieroor praat mense

Nuwe uitstalling The Ice Age binnekort oop!

Eers kon jy terugstap na die tyd van die dinosourusse. Nou kan jy die Ystydperk beleef!

Gautengers kan vanaf Saterdag vir 7 weke dié reuse-uitstalling wat deur Huisgenoot, YOU en DRUM gehou word, besoek.

Besoekers, jonk en oud, het die geleentheid om die ysige habitat van dié tydperk van die Aarde se geskiedenis te verken met 45 bewegende, lewensgrootte diere, asook 11 modelle in ’n interaktiewe deel wat beslis jonger besoekers gaan vermaak. Maak ook seker jy mis nie die 12 m lange tonnel waarin ’n sneeustorm met wind en sneeu nageboots word nie.

Ice Age - Coelodonta 2 (31)

Dié uitstalling, wat 3 000 m2 beslaan, gaan een van die gunsteling-plekke dié skoolvakansie wees, daarom moet jy jou kaartjies vroegtydig bespreek, raai bemarkingsbestuurder Edmund Beukes aan.

Ice Age - Gigantopithecus and Deinotherium (17)

Bykomende aktiwiteite (wat ekstra kos) sal die jongspan ure besig hou. Dit sluit in twee Ice Age-glyplanke van 25 m en 37 m, ’n fotohoekie waar jy ’n foto kan neem saam met ’n lewensgrootte sabeltandtier, gesigverf en rondomtalies.

Ice Age - Smilodon 2 (33)

As jy van die Days of the Dinosaur-uitstalling gehou het, kan jy nie die Ice Age-uitstalling misloop nie!

Besoek www.theiceage.co.za vir meer inligting en koop jou kaartjies by www.computicket.com.

Datum: Saterdag 20 Junie – Saterdag 8 Augustus 2015

Tyd: Maandag tot Vrydag: 09:00 – 19:00
Saterdae en Sondae: 09:00 – 20:00

Plek: Sandton-konferensiesentrum

Kaartjiepryse

R145 vir volwassenes

R99 vir kinders (18 maande – 18 jaar)

Gratis vir kinders jonger as 18 maande of korter as 83 cm

Gesinskaartjie (2 volwassenes en 2 kinders) vir slegs R435