whatsapp

FOTO Unsplash / Saulo Mohana

Hieroor praat mense

Nuwe WhatsApp-funksies!

WhatsApp begin nou wêreldwyd met dié veranderinge. Gebruik jy al hierdie 3 nuwe opgraderings? Nou het jy regtig net WiFi nodig en byna geen ander app nie!

Mense in langafstandverhoudings die wêreld oor sê dié week ’n nederige “dankie” aan WhatsApp, want:

1. Jy kan nou video-oproepe maak. Ja, nes met Skype, kan jy nou jou mense bel en vir hulle kyk.

2. Jy kan nou GIFs stuur. ’n GIF is ’n prent wat kort bewegings maak. Hy is gebou met dieselfde formaat as ’n foto, wat hom dus onderskei van video’s. Jy kan hierdie funksie op ’n iPhone vind deur na jou emoticons te gaan en die heel laaste opsie te kies. Daar sal GIFs van WhatsApp wees, maar jy sal ook jou eie kan stuur wat op jou slimfoon gebêre is. Hierdie funksie sal een van die dae ook vir Android-gebruikers beskikbaar wees, maar vir nou kan almal dit reeds op WhatsApp-web gebruik.

As jy nog nie gebruik gemaak het van WhatsApp se web-funksie nie, lees hier.

3. Jy kan aan foto’s werk, daarop teken en nog vele meer! Dis sommer net ’n lekker speelfunksie. Voor jy enige foto aanstuur, kan jy emoticons daarop sit, daarop teken en in verskillende kleure skryf.

Hier is ’n GIF om te wys hoe opgewonde ons is!

Lekker gesels en speel!

Lees nou

Kyk wat kan WhatsApp nóg doen!

’n Selfoonkontrak en apps vir jou langafstandverhouding!