Rio Olympics
Hieroor praat mense

Olimpiese openingseremonie – Onthou jy dit?

As jy vanjaar se Olimpiese Spele regstreeks wil kyk, moet jy voorlopig jou slaappatroon vaarwel sê. Rio, Brasilië, is vyf ure agter Suid-Afrika. En dit beteken net een ding: ons gaan ons atlete in die middernagtelike ure moet ondersteun.

Die openingseremonie – Vrydag, 5 Augustus om 20:00 (Saterdag om 01:00 SA tyd)

Vanjaar se openingseremonie word behartig deur die Brasiliaanse filmmaker Fernando Meirelles. En selfs die supermodel Gisele Bündchen gaan daaraan deelneem.

Hier is ’n paar hoogtepunte van 2012 se openingseremonie:

Koningin Elizabeth en James Bond (Daniel Craig)

Mr. Bean (Rowan Atkinson)

Die Industriële Revolusie

Die Olimpiese vlam

Lees nou

Jou gids vir die Olimpiese Spele

Rio(ol)-water kan atlete laat hol …