FOTO Olympics

FOTO Olympics

#SARIEsport

Olimpiese Spele: Fokus op die 100 meter

Jesse Owens, Carl Lewis, Usain Bolt. Al drie is ikone van die atletiekbaan. En al drie is wenners van Olimpiese goue medaljes vir die 100 meter, 200 meter en 100 m-aflos. Met vanjaar se Olimpiese Spele wat môre, 4 Augustus, in Rio afskop, kyk SARIE.com terug na hul hoogtepunte by die Spele.

Jesse Owens 

By die Olimpiese Spele in Berlyn in 1936 het dié swart Amerikaanse atletiekster tot verleentheid van die aartsrassis en Duitse diktator Adolf Hitler vier goue medaljes gewen. In die hoofstad van die Nazi-ryk was Jesse daardie jaar Olimpiese kampioen in die 100 meter, 200 meter, 100 m-aflos en verspring. Hy is in 1980 oorlede in die ouderdom van 66. Vanjaar het Hollywood ’n rolprent, Race, oor Jesse se merkwaardige verhaal vrygestel.

Hier hardloop Jesse die 100 meter:

Kyk die lokprent van Race hier:

 

Carl Lewis

Carl is een van die wêreld se beste atlete. Nes Jesse het hy geseëvier in die 100 meter, 200 meter, aflos en verspring. Hy het aan die Olimpiese Speles van 1984, 1988, 1992 en 1996 deelgeneem. En het in sy loopbaan 9 goue medaljes en een silwer gewen!

Kyk net die kort dokumentêr oor Carl Lewis:

 

Usain Bolt

Sy trefkrag in die atletiekwêreld is soos dié van ’n weerligstraal: Almal weet wie Usain Bolt is. En vanjaar is alle oë weer op hom in Rio. By 2008 se Olimpiese Spele in Beijing het Usain die wêreldrekord en Olimpiese rekord vir die 100 meter en 200 meter verbeter. Hy het al aan twee Olimpiese Speles deelgeneem en 6 goue medaljes gewen.

 

Kyk hoe vinnig hardloop Usain die 100 meter:

Lees nou

Olimpiese Spele bring vrede #OlympicPeace

Goue swemmers: Chad le Clos en Michael Phelps