FOTO: Rio Olympics

FOTO: Rio Olympics

Hieroor praat mense

Olimpiese fakkel: So lyk die roete

Vanjaar se Olimpiese Spele begin oor minder as 100 dae in Rio de Janeiro, Brasilië. En vandag het die Spele se simboliese Olimpiese fakkel uiteindelik in dié Suid-Amerikaanse land aangekom. 

Die fakkel is verlede Donderdag by Olimpia in Griekeland aan die brand gesteek en oorhandig aan die eerste atleet, Eleftherios Petrounias, ’n Griekse gimnas, berig BBC.

Die moderne tradisie van die Olimpiese vlam het in Amsterdam ontstaan, aan die begin van 1928 se Olimpiese Spele. Later, in 1936, is met die aflos begin: Die fakkel word maande voor die tyd in Griekeland aangesteek en verskeie atlete hardloop dan daarmee oor ‘n roete tot by die plek waar die Spele gehou word.

Vanjaar se roete in Griekeland het ook deur ’n vlugtelingkamp beweeg. En in Brasilië sal ’n 12-jarige Siriese vlugteling, Hanan Dacka, een van die eerstes wees wat in die hoofstad, Brasilia, met die fakkel hardloop, berig die Verenigde Nasies. Die aflos sal deur 300 stede beweeg.

Rio fakkel 2016 infographic

 

Op die oomblik is inwoners van Brasilië se fokus nie op die Olimpiese Spele nie. Die greep van die Zika-virus, ’n ekonomiese krisis en die moontlike afdanking van die land se president, Dilma Rousseff, is van die dringender sake wat nou hul aandag verg.

Lees Netwerk24 vir meer nuus oor Rousseff se lot.

Lees nou

Zika-virus veroorsaak toe wel klein skedels

Malaria – stil, dodelike vyand

Atleet Caster Semenya fokus nou op 800 m