Screen Shot 2015-07-23 at 1.50.28 PM
Hieroor praat mense

Ongelooflike video: moenie in die water mors nie …

In dié video wys ’n kunstenaar hoe water en ink saam gebruik kan word om die ongelooflikste kunswerke te maak. Dit vorm deel van ’n bewusmakingsveldtog vir veilige drinkwater.  

Die veldtog herinner aan die Afrikaanse volksliedjie “Kinders moenie in die water mors nie, die ou mense wil dit drink …”, met die verskil dat dit hier veral gaan oor grootmense wat in en met water mors en kinders wat daaronder ly.

Die Franse webtuiste Solidarités Internasional het ’n petisie opgestel waarin mense hul stem kan laat hoor. Dit sal dan aan die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies oorhandig word.

Op dié webtuiste is skrikwekkende statistiek oor hoe algemeen besoedelde water is:

  • 2,6 miljard mense het nie toegang tot spoeltoilette nie
  • 600 000 kinders onder vyf sterf jaarliks aan eenvoudige siektes soos diarree
  • 50% van die wêreldbevolking het nie toegang tot skoon drinkwater nie
  • 1,9 miljard mense drink daagliks onveilige water

Dié video poog om te illustreer hoe maklik dit is om water te besoedel, en dit moedig mense aan om spaarsamig met water te werk en nie onnodig in drinkwater te mors nie.

Bron: Solidarités Internasional

Lees ook