James Borthwick 
FOTO Verskaf

James Borthwick FOTO Verskaf

Hieroor praat mense

Ons beste aanhalings uit Hotel!

“Welkom by Die Fransen Hotel”! As hierdie woorde van Ferdie jou elke week so opgewonde maak soos wat dit ons maak, is dié artikel vir jou. Wat is jou gunsteling-aanhalings ná elke week se episode?

Ons kan net nie meer nie, ons móét Hotel se snaaksighede deel. Lees hier ons gunsteling-aanhalings, want as daar een ding is wat een van kykNET se nuutste progamme regkry, is dit kwinkslae (one-liners).

Vanaf daardie eerste aand, 11 Julie, toe die span van Die Fransen Hotel aan ons voorgestel is, het dit ons geboei. Hotel is ’n “mockumentary”, wat beteken jy loer by die mense in asof dit ’n dokumentêre prent is. Die karakters kyk soms na die kamera, deel oomblikke net met jou (die kyker) en nie met die ander karakters nie, maar verder sien jy net die normale gebeure van die dag by die hotel.

Die skrywers en regisseurs van Hotel, Stiaan Smith en Bennie Fourie, is juis twee van die akteurs van die nuutste Afrikaanse film, Sy Klink Soos Lente!

Hier is van ons gunsteling-aanhalings sover:

 

“Pippa, jammer ek’s laat!”

 

FOTO Verskaf

Graham Weir as oom Dirk en Schalk Bezuidenhout as Danny FOTO Verskaf

 

“Hou my das, ongelooflike Thomas.”

 

hotel

Beer Adriaanse as Thomas en Martelize Kolver as Brenda FOTO Verskaf

 

“Jammer ons French toast is op, maar ek kan vir julle roereier gee op ’n snytjie roosterbrood?”

 

hotel

Mila Guy as Melanie FOTO Verskaf

 

“Ek dog sy’s die lang nege, toe’s sy die kort ses.”

 

hotel

Martelize Kolver as Brenda FOTO Verskaf

 

“Haglike dag!”

 

hotel

Ferdie en Danny FOTO Verskaf

 

“Naam… Danny, van… Pietersburg.”

 

hotel

 

hotel

Ferdie en Jony FOTO Verskaf

 

“Veertig grade in die skaduwee, toe bly ek maar uit die skaduwee uit.”

 

hotel

FOTO Verskaf

 

“Niemand gebruik meer Mxit nie, Thomas.”

 

hotel

Thomas en Ferdie FOTO Verskaf

 

“Pa, Fransenburg het nie eers Fanta Grape nie!”

 

hotel

FOTO Verskaf

 

Hotel word elke Maandag om 20:30 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai. Dit trek nou by episode 4, maar daar is nog 9 om na uit te sien as jy die eerste 3 gemis het. Episode 4 sal nou herhaal word:

Herhalings

Dinsdae om 16:00

Woensdae 09:30 en 13:30

Donderdae om 14:00 en 21:00

Vrydae om 15:30

Saterdae om 17:30

Sondae om 16:30

Lees nou

Ons redaksie se gunstelinge onder nuwe TV-programme is …

Kyk! Sy Klink Soos Lente-lokprent

Só baie SA flieks!