Hieroor praat mense

Ons tweede Modeskool is hier!

Van 4 tot 6 Oktober maak ons weer ons Kaapse kantoordeure oop vir jou! Hou jy van mode? Interesseer tydskrifblaaie en -uitlegte jou? Wil jy meer oor stilering leer? Ons SARIE Modeskool leer jou alles!

Ons het nog ’n laaste paar sitplekke oop; dis dalk nou jóú kans. Die kursus skop volgende week af en 4, 5 en 6 Oktober hou ons jou besig met mode, uitleg, fotosessies en beplanning. Lees hieronder meer oor presies wat ons eerste studente geleer het …

modeskool

modeskool

modeskool

modeskool

Wat ons modestudente by ons eerste skool geleer het

1. Dat jy altyd eerste aan jou mark en jou leser moet dink. Dink aan die “gehoor” vir wie jy die foto’s stileer en beplan, want die blaaie van tydskrifte soos SARIE, Vogue en Seventeen sal verskillend lyk omdat elke publikasie ’n unieke lesersmark het.

2. Hoe en waar om trend-navorsing te doen en hoe om te besluit watter modeneigings vir jóú lesers gaan werk.

3. Tydskrifterme. Weet jy byvoorbeeld wat DPS beteken?

4. Stilering: Wat werk en wat werk nie. Ons studente het van Amaria se heel beste wenke en slim truuks geleer: van hoe om ’n goeie modefoto te stileer tot die beplanning van produkblaaie.

modeskool

5. Beplanning van ’n modestorie: Hoe jy besluit waar jou modestorie gefotografeer moet word, hoe jou model moet lyk en watter grimeer- en haarstilis vir jou die voorkoms gaan gee om jou modestorie ’n wenner te maak.

6. Hoe werk produkblaaie: Wat jy alles in ag moet neem as jy hierdie oënskynlik eenvoudige, maar tog ingewikkelde blaaie bymekaar moet sit.

modeskool

7. Elke student het die kans gekry om ’n uitrusting vir ’n modestorie te stileer en dit aan ’n model af te neem met die grimering en hare van hul keuse.

Hier is elkeen se finale foto. Geniet!

Koste: R4 500 (ontbyt en middagete ingesluit, met baie te eet tussenin ook)

Plek: Adderleystraat 4, ABSA-gebou, 19de vloer, Kaapstad

Stuur ’n e-pos aan carmen.botma@sarie.com om jou sitplek te bespreek.