FOTO: Justin Badenhorst

FOTO: Justin Badenhorst

Hieroor praat mense

Ons Vrydaglysie: 10 van winter se beste dinge!

Ons moes dié week vinnig gryp na warm jasse en stewels voor ons by die deur uit is, en nou is daar nie meer terugdraaikans nie. Winter is hier en dit is tyd dat jy daardie jasse uithaal en jou warm komberse uitpak.

Om jou in die regte bui vir die nuwe seisoen te kry, het ons ’n lysie van gunstelinge opgestel. Toe nou, verwelkom winter vir al dié lekker redes en baie méér!

1. Om in jou bed koffie te drink, boeke te lees en flieks te kyk. Basies, om in jou bed te leef.

FOTO: Unsplash (@Annie Spratt)

2. Om knus aangetrek te wees en buite om die warm braaivleisvuur te kuier.

FOTO: Unsplash (@Alex Holt)

3. Dou op die gras.

FOTO: Unsplash (@Andre Koch)

4. Snoesige gebreide truie, serpe en komberse.

FOTO: Unplash (@Philip Estrada)

Kry jou 10 gratis patrone hier!

5. ’n Winter-wegbreek na huisies in die Bosveld, op plase en in woude.

FOTO: Unsplash (@Vidar Kristiansen)

6. Winterklere, veral jasse en stewels.

FOTO: Justin Badenhorst

In ons Mei-uitgawe van SARIE gee mode, skoonheid, kos en dekor die A tot Z van winter se nuutste tendense vir jou. Maak seker hierdie uitgawe is in jou rak!

7. Die warm winterson wat êrens deur ’n venster skyn. Én om aan die slaap te raak in dié sonnetjie …

winter

FOTO: Unsplash (@Benjamin Combs)

8. Warm sjokolade-drankies en -nageregte.

winter

FOTO: Donna Lewis

Kry hierdie kaneel-warmsjokolade drankie se resep hier!

9. Om heeldag in jou slaapklere en pantoffels te bly voor die kaggel.

winter

FOTO: Unsplash (@Pavan Trikutam)

10. Die kleur van die bome se blare, strate vol van blare en kinders wat daarin baljaar.

winter

FOTO: Unsplash (Annie Spratt)

Lees ook: