sr1002myselfvoorblad
Hieroor praat mense

Onthou Earth Hour

Saterdag, 23 Maart 2013, vanaf 20:30-21:30 is dit die jaarlikse uur waarin mense wêreldwyd gevra word om hul ligte vir dié tydperk af te skakel. In dié uur moet jy ook besin oor hoe jy meer volhoubaar kan lewe.

“Ons moet dink aan watter tipe energie ons elke dag gebruik en waar ons kan, moet ons na herwinbare energie bronne oorskakel, soos son, wind en water,” sê dr. Morné du Plessis, die voorsitter van die Wêreldnatuurfonds in Suid-Afrika.

Klein veranderinge wat jy kan doen om ’n verskil te maak:

  • Klim trappe, eerder as om die hysbak te neem
  • Skakel ligte af as jy nie in die vertrek is nie
  • Skakel toestelle af as jy dit nie gebruik nie
  • Gebruik eerder energie-besparende gloeilampe en sonenergie-warmwatertoestelle
  • Begin ’n saamryklub eerder as om alleen te ry. En stof bietjie jou fiets af, of stap

Op die oomblik gebruik ons 1.5 keer die aarde se natuurlike bronne om ons leefstyl te onderhou. Dr. du Plessis sê elke klein verandering maak wel ’n verskil.

“Saam moet ons die energie vind om die inspirasie van dié uur om te skakel in ons aksies in elke uur van ons lewe.”

Wat gaan jy vir Earth Hour doen? Hoe lewe jy meer volhoubaar?