FOTO Phyllis Green

FOTO Phyllis Green

Hieroor praat mense

Onthou-foto: Roland met sy klere in die swembad!

Vandag is Wêreld-fotografiedag en SARIE onthou dié foto – veral met die Olimpiese Spele in Rio wat einde se kant toe staan.

In 2007 het SARIE ’n onderhoud gedoen met ons Olimpiese swemmer Roland Schoeman, tóé die “vinnigste vis”  in die wêreld. In daardie stadium was hy die eerste swemmer wat in die 50 m-vryslag deur die 21 sekonde-grens gebars het. Ons fotograaf Phyllis Green het dié unieke foto van hom geneem. Die foto is in 2007 bekroon as Media24 se Tydskriffoto van die Jaar.

FOTO Phyllis Green

FOTO Phyllis Green

Phyllis wou Roland se beeld van die lang man met die klein swembroekie finaal nek omdraai en besluit toe om hom in ’n pak klere, met ’n spierwit hemp, in die swembad in Mooikloof, Pretoria, af te neem. Wat onthou sy vandag van dié fotosessie?

“Daar was ’n dreigende donderstorm en die weerlig het reeds op die agtergrond begin slaan. Maar hy’t bly sê: die weerlig is nog ver, kom ons skiet nog! Roland was ongelooflik geduldig en bereid om homself oor en oor op die rand van die swembad op te lig totdat ek dié foto gekry het. Hy was mal oor die konsep, want vir hom was dit ’n eerste. Hy was ook gek na die pak wat hom soos ’n handskoen gepas het. Hy’t dit net daar gekoop (ja, nog sopnat!) vir ’n geleentheid in Johannesburg die volgende aand.”

Het jy geweet?

1. Roland was in ’n stadium die houer van 5 wêreld-swemrekords: die 50 m-vlinderslag, die 50 m-vryslag, 100 m-vryslag, 100 m- indivuduele wisselslag en die 4 X 100 m-vryslag.

2. Hy het die wêreldrekord in 50 m-vlinderslag twee keer in 2005 in Montreal, Kanada, verbeter.

3. By die Olimpiese Spele in Athene, Griekeland, in 2004 het Roland 1 goue, 2 silwer- en 1 bronsmedalje gewen

4. Hy was deel van die 4 x 100 m-vryslagspan saam met Ryk Neethling, Lyndon Ferns en Damian Townsend wat in Athene goud gewen het

5. Roland het eers op 14 begin swem, en dit om ’n meisie te beïndruk!

6. Vandag swem hy nie net nie, hy’s ook mal oor gholf

Lees nou

Wie is Henri Schoeman?

Kaaskoek, sonder om te bak – met net 7 bestanddele

#9tot5: Haal hierdie woorde uit jou CV uit!