FOTO Instagram / @ivankatrump

Hieroor praat mense

Ontmoet Donald Trump se skoonseun

Jared Kushner: Sakemagnaat, getroud, pa van drie en die verkose president Donald Trump se skoonseun. Nou bestempel Forbes hom as die rede agter Trump se sege. Wie is Jared? Hier’s 5 feite.

Jared verskyn op die voorblad van Forbes se uitgawe van 20 Desember. Lees die volledige storie van Forbes hier.

forbes-cover-12202016-final_1000x1311

1. Jared is getroud met Donald Trump se oudste dogter en regterhand, Ivanka Trump. Die paartjie is in 2009 getroud en het drie kinders. Jared en Ivanka het in 2005 begin uitgaan en in 2008 die verhouding kortliks onderbreek. Lees meer oor Ivanka hier.

Happy 7th anniversary JaredI love you more than I could possibly express and am so grateful to have you by my side.

A photo posted by Ivanka Trump (@ivankatrump) on

2. Op 25 het Jared die Amerikaanse koerant New York Observer gekoop. En op 35 is hy ’n suksesvolle sakeman, belegger, eiendomsontwikkelaar en uitgewer.

I’m melting

A photo posted by Ivanka Trump (@ivankatrump) on

3. Hy was direk betrokke by sy skoonpa se presidensiële veldtog. Hy was verantwoordelik vir die skryf van Trump se beleidstoesprake en het gehelp met sy aanlyn veldtogte, berig The New York Times.

4. Volgens International Business Times was sy familie vir dekades ten nouste betrokke by die Demokratiese Party.

5. Jared is ’n ortodokse Jood. Sy vrou, Ivanka, het dié geloof aangeneem.

Lees nou

5 dinge wat jy nie van Ivanka Trump geweet het nie

Is dít Britney Spears se nuwe kêrel …

Prinses Beatrice se glips laat popster bloei