johanneswillemse
Hieroor praat mense

Oom Johannes Willemse: “Die Karoo is ‘n spesiale plek’

“Ek woon al 25 jaar in die Karoo. Die Karoo hy’s so pragtig, hy’s soos ’n beeld as ek deur hom loop.

“Dis lekker om in die natuur te kan leef. Hierdie land is baie spesiaal. Sy skoon en heilige plante en waters genees mens en dier. Kopsere, maagsere, kankers, noem hom en daar is iets wat kan help. Ek het al so baie mense help gesond maak saam met die Karoo en ek kry altyd goeie terugvoer. Dié plek se kruie is beter as ander plekke s’n.

“Kyk na my, ek’s 90! Ek gebruik elke dag Karoo-kruie en ek het nog nooit ’n verstopte aar gehad nie.

“Ek weet nie hoe ek moet sê of hoe ons moet maak om hierdie heilige waters skoon te kan hou nie. Fracking sal die kosbare waters vernietig. Ons moet hande vat, saam staan en bid dat dié gasbesigheid uit ons land sal weggaan.”