Tina Gorjanc se mensvel-projek. 
FOTO @tina.gorjanc_instagram

Tina Gorjanc se mensvel-projek. FOTO @tina.gorjanc_instagram

Hieroor praat mense

Grillerig of ongelooflik? Mode-items uit vel van ikoniese ontwerper …

Regtig, mensvel vir klere en bykomstighede? Ek is jammer, maar dit klink so bietjie vir my soos iets uit die gruwelfliek The Silence of the Lambs (1991).

Tina Gorjanc, ’n student van die Central Saint Martins-universiteit in Londen, het presies die onmenslike gaan doen. Vir haar finalejaar-projek het sy wyle Alexander McQueen, ikoniese Britse modeontwerper, se DNS gebruik om sy vel te kweek. Haar reeks word genoem Pure Human.

Alexander McQueen is in 2010 oorlede, so waar het Tina Gorjanc sy DNS gekry? Van sy finalejaar-projek (1992), ook aan Central Saint Martins: Jack the Ripper Stalks His Victims McQueen het sy eie hare in die projek gebruik.

Ek is baie in twee geskeur oor Tina Gorjanc se projek …

Dit is ongelooflik dat sy van een mens se DNS vel kon kweek om die produkte te maak. Maar dit is nogals grillerig om te dink dat jy ’n ander mens se vel dra.

Wat dink jy: Grillerig of ongelooflik?

Kliek hier vir nog foto’s

Bronne:
www.good.com

www.tinagorjanc.com

www.longlivemcqueen.com