30 dae days
Hieroor praat mense

Opwindende nuus! Kuier saam met SARIE se kos- en dekorredakteurs!

30 Dae van KOS en DEKOR

30 DAE van KOS & DEKOR in samewerking met Game vind van Vrydag 4 Maart tot Sondag 6 Maart 2016 by die Gallagher-konferensiesentrum in Midrand plaas.

Die grootste, opwindendste en inspirerendste tydskrif-okkasie wat die land nóg getref het, aangebied deur Suid-Afrika se voorste vrouetydskrifte – en natuurlik is SARIE is ook daar!

Februarie-maand gaan Kos + Dekor op almal se lippe wees. Jy kan kies en keur uit ’n verskeidenheid gebeurtenisse en byeenkomste wat jou gunsteling-tydskrifte in Gauteng en Kaapstad hou.

Jy het reg gehoor

  • 30 dae van kos & drank
  • 30 dae van idees & inspirasie
  • 30 dae van makieties & celebs
  • 30 dae van geskenke & promosies
  • 30 dae van koop & afslag

Die Februarie-fees bou op tot ’n HOOGTEPUNT, die ongelooflike 30 Dae van Kos + Dekor-naweek, waarheen ons jou nooi. Kom ontmoet jou gunsteling-tydskrifspan en sien hoe die blaaie van jou tydskrifte voor jou oë lewe kry!

Lees HIER wat SARIE by dié geleentheid beplan

Die mense

  • Bobby & Karlien van Jaarsveld
  • Suzelle DIY
  • Marc Lottering
  • Pete Goffe-Wood
  • Anele Mdoda
  • Vuyo Dabula
  • Cass Abrahams
  • Shaleen Surtie-Richards
  • Rebecca Malope
  • Deon DIY

Die program

  • Kookdemonstrasies deur jou gunsteling- kosredakteurs en celebs
  • Stylsessies en trendpraatjies
  • Handwerk en selfdoen
  • Ontmoet die mense agter jou gunsteling-tydskrifte in hul leser-sitkamers
  • Koop na hartelus by Idees se
  • Trommelskou, die kookboek- stalletjie en ’n verskeidenheid opwip-winkels
  • Smul aan fynproewer-kos
  • Vul jou voorraad LKHV-produkte by die banting-mark aan
  • Teug aan ’n glasie MCC by die Graham Beck-sitkamer
  • Geskenksak vir elke leser

Koop nóú jou kaartjies!

Slegs R150 per persoon – jy kies of jy die oggend- of namiddagsessie wil bywoon.

Lees HIER wat SARIE by dié geleentheid beplan

  • Vind meer oor dié geleentheid HIER uit
  • Koop jou kaartjie HIER

30 dae