Oscar in die Februarie 2013-uitgawe van SARIE
FOTO Leana Clunies-Ross

Oscar in die Februarie 2013-uitgawe van SARIE FOTO Leana Clunies-Ross

Hieroor praat mense

Oscar Pistorius-saak: Dis wat jy moet weet

Oscar Pistorius wat op sy stompies loop. En foto’s van Reeva Steenkamp se lyk. Dís hoe Woensdag se hofverrigtinge in die hooggeregshof in Pretoria opgesom kan word.

Op Maandag 13 Junie om 10:00 het Oscar Pistorius se nuwe vonnisverrigtinge in die hooggeregshof in Pretoria begin.

Woensdag het adv. Barry Roux vir regter Thokozile Masipa gevra of Oscar op sy stompies in die hof mag loop en dit is toegestaan, berig Netwerk24.

Maar adv. Gerrie Nel het ook tydens die hofverrigtinge gevra dat die verbod op die foto’s van Steenkamp se lyk gelig mag word. Verskeie publikasies het reeds die foto’s gepubliseer.

Reeva Steenkamp se pa, Barry, het in 2014 die grootste deel van Oscar Pistorius se hofsaak vermy. Hy het ’n beroerte-aanval gehad ná haar dood. Maar Dinsdag 14 Junie het Barry vir die eerste keer in die hof verskyn. Met ’n kierie het hy na die getuiebank geloop.

Dit het hy tydens sy getuienis gesê:

“Ek sou dikwels ’n spuitnaald vir my diabetes neem en dit in my maag en arm steek, net om te sien of ek dieselfde pyn as sy kan voel.”

- Barry Steenkamp, Reeva se pa

Sedert haar dood het Barry oggend, middag en aand aan haar gedink.

“Ek praat elke dag met haar.”

Die appèlhof het verlede Desember Oscar Pistorius se skuldigbevinding aan strafbare manslag verander na ’n skuldigbevinding aan moord weens die skietdood van Reeva Steenkamp, berig Netwerk24. Die verrigtinge hervat op 6 Julie vir vonnisoplegging.

Wat móét jy weet?

1. Regter Thokozile Masipa het glo die regsbeginsel van dolus eventualis in haar redenasie verkeerd benader. Dolus eventualis is ’n moord wat nie vooraf beplan is nie, maar waar die individu kon voorsien het dat hy iemand se dood sou veroorsaak.

2. Die appèlhof het beslis Oscar moes geweet het dat sy aksies die dood van iemand agter die deur sou veroorsaak, berig The Guardian.

3. Die minimum voorgeskrewe tronkstraf is 15 jaar. Maar ’n vonnis van tussen ses en tien jaar tronkstraf word voorspel, berig Netwerk24.

4. Sodra regter Masipa hom gevonnis het, kan een van twee dinge gebeur: Die verdediging kan sê dis te swaar en teen die vonnis appelleer; of die staat kan sê dis te lig en kan op sy beurt daarteen appelleer, berig Netwerk24.

5. Aimée Pistorius, Oscar se suster, het Suid-Afrika verlaat en woon nou glo in Londen. Volgens prof. ­Jonathan Scholtz, ’n kliniese sielkundige wat privaat praktiseer en ook by die Weskoppies- psigiatriese hospitaal in Pretoria werk, het Aimée glo die land verlaat oor die druk van haar broer se hofsaak. Scholtz het Maandag gesê haar verhuising is ’n groot verlies vir Oscar, berig Times Live.

6.Oscar word op 6 Julie gevonnis.

Lees hoe die hofverrigtinge gaan verloop op Netwerk24.

Kyk dag 1 hier:

Kyk dag 2 hier:

Lees nou

Tony-aand vereer Orlando-slagoffers