Mood baba lees nou
Hieroor praat mense

Ouers is spyt oor hul kinders se name

Dis nie net kinders wat soms hul eie naam verpes nie, hul ouers kan ook spyt wees. In Hollywood is celebs se babaname so kreatief en kleurryk soos ’n boks Smarties. Hoe vreemder, hoe beter!

Onlangs het die Britste supersjef Jamie Oliver en sy vrou, Jools, bekend gemaak dat hul jongste se naam River Rocket is. Maar ou River se naam is niks vreemds in die Oliver-huishouding nie, sy broer en susters heet Buddy Bear Maurice (5), Poppy Honey Rosie (14), Daisy Boo Pamela (12) en Petal Blossom Rainbow (6).

En die selfie-koningin Kim Kardashian en haar kletsrymer-man, Kanye West, het besluit om hul kinders North en Saint te noem.

Maar in ’n onlangse peiling deur die forum Momsnet is vasgestel dat 1 uit elke 5 Britse ma’s spyt is oor die keuse van ’n kind se naam.

En volgens dié peiling is die name waaroor daar die meeste berou is Charlotte, Amelia, Anne, Daniel, Jacob, James en Thomas.

FOTO: Unsplash

FOTO Unsplash

25% van die gevalle was omdat die spesifieke name te algemeen is, en geensins uniek is nie. Geen wonder Jamie en Jools het seker gemaak nét hulle kinders het sulke name nie!

In 2013 het Daily Mail vertel van ’n ma, Serena Boorman-Tuck, wat haar dogter na die Egiptiese godin Isis vernoem het. Min het sy geweet dat die naam later so ’n negatiewe konnotasie sou hê. Maar Serena is nie al ma nie – tussen 2003 en 2013 is daar 390 babas in Engeland en Wallis na dié godin vernoem.

Lees nou

5 nuusstories waaroor almal praat

SA video gaan viral!

VIDEO: 100 jaar van swemklere op lyf geverf