FOTO:  Facebook

FOTO: Facebook

Hieroor praat mense

OULIKE VIDEO: Hond vra verskoning ná hy speelding ‘steel’

Charlie die hond het ’n speelding by sy eienaar se baba, Laura Olivia, gesteel. Laura het begin huil en Charlie het so skuldig gevoel dat hy op sy eie manier begin verskoning vra het.

Charlie soek die kamer deur na speelgoed en dra dit aan vir Laura om jammer te sê vir sy oorspronklike slegte maniere.

Maar dis nie die eerste keer dat Charlie, wat sy eie Facebook-blad het, help met Laura nie. Hy help ook gereeld om haar doeke om te ruil (kyk na die video onderaan dié artikel), leer haar kruip en hou haar geselskap. Dié twee is dik vriende!

 

Addisionele bron: Linda