VIDEOGREEP: YouTube

Hieroor praat mense

Oulike video’s om jou dag op te kikker

Die Suid-Koreane het vir ons twee jaar gelede “Gangnam Style”* gegee. Nou het nóg ’n Suid-Koreaan gewys dat sy die beste dansbewegings het!

Die nuwe internetsensasie is ’n mollige kleuter. Haar ouers het haar afgeneem waar sy dans en haar maatjie aanmoedig om saam met haar te dans. Dié video is gister op YouTube geplaas en het vinnig versprei.

Kyk na dié meisie se dansbewegings hier:

Passie vir Elvis

Klein Ella is maar net 20 maande oud gewees toe haar pa, Billy, die video van haar opgeneem het.

Ella is, soos haar pa, ’n groot Elvis-aanhanger en sing lekker in die motor Elvis se “An American Trilogy“.

Kyk na oulike Ella hier:

Ella het ook nadat die video oor die internet versprei het, vir Elvis se dogter. Lisa Marie Presley ontmoet. Ella se pa het dié foto op sy Tumblr-blad geplaas.

*Wat is “Gangnam Style”?

“Gangnam Style” is ’n liedjie van die Suid-Koreaanse kunstenaar PSY wat baie gewild geraak het. In die musiekvideo van dié lied het PSY ook unieke dansbewegings, die Gangnam-styl, wat baie gewild geraak het – nie noodwendig omdat dit so goed is nie, maar om die aardigheid daarvan. Gangnam verwys na ’n distrik van Suid-Korea se hoofstad, Seoul. Kyk na “Gangnam Style” se musiekvideo hieronder.