FOTO: Facebook  Shannon Neuman

FOTO: Facebook Shannon Neuman

Hieroor praat mense

Paartjie se egskeiding-selfie het die wêreld aan die gons

Twee uit drie getroude paartjies beland in die skeihof. Gewoonlik kan hulle mekaar nie verdra nie, maar dan kry jy ook dié wat hul egskeiding met ’n humoristiese selfie beklink. 

’n Kanadese paartjie, Shannon en Chris Neuman, het die internet op hol omdat hulle verlede week juis dít gedoen het, berig Huffington Post

Here’s Chris Neuman and I yesterday after filing for divorce! But we’re smiling?! Yep, we’re kooky like that. Are we…

Posted by Shannon Neuman on Thursday, August 27, 2015

“… Glimlag ons omdat die eggenoot wat ons gekies het toe nie die vir-altyd-eggenoot was nie? Natuurlik nie …” lees die Facebook-boodskap wat al abyna 40 000 keer gedeel is.

“Ons glimlag omdat ons iets besonders gedoen het (ons dink in elk geval so!). Ons huwelik is op ’n respekvolle, taktvolle en eerbare manier beëindig, wat ons sal toelaat om ons kinders saam groot te maak … Hulle sal nooit hoef te wonder na watter kant van die ouditorium hulle ná ’n Kerskonsert of lente-opvoering moet hardloop nie, want ons gaan dit saam bywoon. Hulle sal nie met hul troureëlings hoef te sukkel nie, want ons sal aan dieselfde kant van die gangetjie sit – HUL kant. Ons het gesukkel, maar ons het daarin geslaag … En nou dat jy weet dat dit moontlik is, oorweeg tog ons manier indien jy jouself in dieselfde situasie bevind, of deel ons boodskap: Dit is moontlik om jou kinders meer lief te hê as wat jy jou eks haat of wantrou …” het die boodskap gelui.

Shannon en Chris is beslis nie enig in hul soort nie. Buzzfeed het gewys dat heelwat paartjies egskeiding-selfies neem.

#divorceselfie we still make a great team. Glad to be friends.

A photo posted by rach100981 (@rach100981) on

 

“Can we take a divorce selfie?” “Duh. In front of the eagle?”

 

A photo posted by Emuhly Rowz (@emilyrose920) on

SARIE.com het voorheen berig oor 10 gedragspatrone wat tot ’n egskeiding kan lei.

Sal jy met jou eks vriende bly?

  • JA
  • NEE

Bronne: Huffington Post en Buzzfeed

Lees ook