FOTO Courtney Ley / Facebook

Hieroor praat mense

Paartjie skud saam 100 kg af

Dit kan ’n eensame pad word as jy ’n paar kilo’s moet verloor. Veral as die wêreld rondom jou sorgeloos ’n sny koek eet en sjokolade geniet. Toe Matt Wolfs en Courtney Ley van Australië mekaar ontmoet, het hulle nie net verlief geraak nie. Hulle het ook besluit om saam gewig te verloor en gesonder te leef!

Voordat hulle ontmoet het, was Courtney depressief en het sy 100 kg geweeg. Matt het tipe 2-diabetes ontwikkel en die skaal op 180 kg laat kreun. Dokters het hom gewaarsku hy moet sy lewe drasties verander.

FOTO Facebook / Courtney Ley

Courtney (links) saam met ‘n vriendin. FOTO Facebook / Courtney Ley

FOTO Matt Wolfs: Facebook

FOTO Matt Wolfs / Facebook

In 2010 het Matt by ’n gim aangesluit en saam met ’n persoonlike afrigter begin oefen. Twee jaar later, in 2012, het Courtney by dieselfde gim aangesluit. Die twee het verlief geraak, mekaar gemotiveer en saam 100 kg verloor. Courtney weeg nou 70 kg en Matt 100 kg.

Die paartjie het selfs ’n potgooi, The Weightloss Podcast, begin. Op die potgooi gesels hulle oor hul gewigsverlies en deel hul wenke. Luister dit hier.

FOTO Courtney Ley / Facebook

FOTO Courtney Ley / Facebook

Einde verlede jaar het die paartjie ewige trou aan mekaar gesweer in New York se Central Park.

Vir die volledige storie klik hier.

Bron: News.com.au

Lees nou

Emma Stone doen dit weer

Vleiendste oefenbroeke vir 2017

Maak mooi met papier