SKERMGREEP YouTube

Hieroor praat mense

Paartjies, pasop vir 11 Desember …

Desember is dalk die maand van gee, maar ai, dis ook die maand van baie trane en gebroke harte. Paartjies se paadjies skei die meeste op 11 Desember, 14 dae voor Kersfees. Eina!

via GIPHY

Data wat van Facebook versamel is, dui daarop dat die meeste verhoudings op 11 Desember beëindig word, berig DailyMail.

via GIPHY

6 rooi vlae in enige verhouding

Julle praat net die nodigste en het deesdae so min pret saam … Die tekens is daar dat jul verhouding op die rotse is. Herken dit en beweeg aan.

via GIPHY

Julle bestee ál minder tyd saam

Julle maak planne wat nie die ander een insluit nie en vertel mekaar ook nie daarvan nie. Jy bestee meer tyd saam met jou vriendinne as saam met hom. Afsprake word dikwels op die nippertjie gekanselleer of iets val gedurig voor. Wanneer julle wel saam is, sit julle passief voor die TV of is met jul selfone bedrywig. Ja, jy moet jou onafhanklikheid behou, maar dit moenie voel asof julle aparte lewens lei nie.

Jy kla baie

Daar is ’n verskil tussen wanneer jy ’n probleem met ’n goeie vriendin bespreek en wanneer jy aanmekaar kla oor alles wat jou maat verkeerd doen. Soms skroom jy nie om vuil wasgoed in die openbaar te was of om te flankeer as jy iemand ouliks ontmoet nie. Dit dui op ’n gebrek aan respek vir jou maat.

Julle baklei gedurig

Rusies kan ’n goeie en produktiewe manier van kommunikeer wees. Maar wanneer dit die enigste manier van praat is, is dit tyd om aan te beweeg. Baklei julle meer as wat julle lekker gesels en dinge saam doen? Stry julle oor die meeste dinge sonder dat julle regtig ’n oplossing kry? Vra jouself af hoe familie en vriende jul konflik beleef – dalk vermy hulle julle oor die voortdurende gehap na mekaar?

FOTO Unsplash

FOTO Unsplash

Deel nie meer geheime nie

Jy vertel hom nie meer hoe jy voel nie, want jy weet hy sal nie verstaan nie. Jy weet ook nie wat in sy hart aangaan nie en wonder of jy regtig wil weet. Hy trek sy skouers op wanneer jy ongelukkig is en vermy dit om met jou daaroor te praat. Dit voel asof hy nie meer regtig na jou luister nie.

Julle het ál minder of geen seks

Dit is natuurlik as jul sekslewe ná ’n ruk minder passievol is. Maar as dit jou ongelukkig en onvervuld laat voel, is daar ’n probleem. Dalk kan jy nie eens onthou wanneer laas julle intiem was nie. Of seks voel soos net nog iets op jou moet-doenlysie. Dit het ’n werk geword, eerder as iets wat jy geniet en vertroetel.

Dalk is jy nie meer aangetrokke tot hom nie en hy voel verwerp en afgeskeep (of omgekeerd). Of miskien word jou toenadering nie beantwoord nie en ervaar jy die seer van onvervulde behoeftes. Die seks is dalk meestal eentonig en voel “leeg”. Dit kan ook die enigste ding wees wat nog tussen julle werk – en die enigste tyd wat jy geliefd voel.

Die pret het verdwyn

Geen verhouding is altyd lekker nie, maar as hy jou meestal verveel, is jou hart dalk nie in die verhouding nie. Jy raak nie opgewonde oor afsprake nie. Jy geniet dinge saam met jou vriende meer as saam met hom. Die idee van ’n toekoms saam met hom laat jou onseker en bang voel. Jy dagdroom oor die dinge wat jy kan doen as jy nie meer in ’n verhouding is nie, of oor “die spesiale een” wat jy dalk nog gaan ontmoet, of reeds ken. (Dis nie jou maat nie.)

Miskien het Taylor Swift se musiekvideo Blank Space ook op 11 Desember plaasgevind!

Lees nou

Mick Jagger is vir die 8ste keer pa – op 73!

Die sexy Baywatch -lokprent is hier!

Kyk wat is die gewildste video onder Suid-Afrikaners op YouTube!