RIO
#SARIEsport

Paralimpiese Spele: Jou gids

Woensdag begin die Paralimpiese Spele en vir die volgende 3 weke sal 45 Paralimpiese atlete ons land verteenwoordig. 

Hoe laat is die openingseremonie?

Die seremonie is Woensdag 7 September om 23:00 (SA tyd). Dit sal tot so 02:00 (SA tyd) die volgende oggend oggend duur en jy kan dit kyk op SuperSport 13 (DStv kanaal 213).

Hoe werk die klassifikasies?

Het julle ook al gewonder hoe werk die klassifikasie van atlete by die Paralimpiese Spele? Elke atleet word geëvalueer volgens sy gebrek en hoe dit sy vermoë om sekere funksies in sy sport uit te voer beïnvloed. Daarvolgens word ’n sportklas waarin hy mag deelneem aan hom toegeskryf.

Vir die SARIE se volledige gids oor die klassifikasies en ons atlete wat deelneem klik hier.

ONTWERP Maresa Pretorius

Het jy geweet?

– Suid-Afrika het al altesaam 280 medaljes by die Paralimpiese Spele gewen.

– Suid-Afrika se beste Paralimpiese Spele was dié in Beijing in 2008. Ons het 21 goue medaljes gewen!

– Maar by die 1972 Paralimpiese Spele in Heidelberg, Duitsland, het Suid-Afrika die grootste aantal medaljes – goud, silwer én brons – tot nou toe gewen.

– Op die Paralimpiese Spele-wêreldranglys lê Suid-Afrika in die 18de plek.

Bronne: Paralympics

Dís wat ons atlete sê

By die Paralimpiese Spele in 2012 het die Paralimpiese alteet Anruné Liebenberg silwer vir die 200 m en brons vir die 400 m gewen. Sy het vir SARIE vertel hoe dit gevoel het:

“Die oomblik toe ek oor die wenstreep is, het ek besef dis silwer. Ek het na my ouers gehardloop … Die gevoel was oorweldigend: groot, groot vreugde, maar ook hartseer, om te dink hoeveel dit geverg het om hier te kom, en hoeveel mense my ondersteun het.”

FOTO: Mark Cameron

FOTO: Mark Cameron

En die Paralimpiese atleet Ernst van Dyk gaan vir goud jaag. Ernst het in 1992, in sy prille jeug (hy is nou 43), in Barcelona begin as handfietsryer en marathon-rolstoelryer.

“Niemand neem deel om nié te wen nie, maar dit hang af hóé jy wen. Dit moet waardig wees en gaan nie oor ego nie. Ek wil erkenning gee aan my familie, vriende, kollegas en borge wat my altyd bystaan.”

Lees sy volledige storie hier.

FOTO Twitter

FOTO Twitter

Sterkte aan elke liewe atleet wat ons land verteenwoordig!

Lees nou

Droogte eis sy tol: Waterbeperkings in Johannesburg

VIDEO: 100 jaar van swemklere op lyf geverf

Oud-Springbok trek saam met gesin Engeland toe