Parker Ingenuity Pen
Hieroor praat mense

Vir die liefde van die skryf

In ’n era gekenmerk deur die internet, e-posse en sosiale media is daar geen twyfel dat handskrif ’n gewaardeerde vorm van kunshandwerk geword het nie. Nou is daar ’n internasionale beweging wat dié kunsvorm wil bevorder deur die herlewing van briefskryf, skoonskrif en spesiale skryf-instrumente – en dít alles om te bewys dat die pen vandag nog magtig is.

Parker Pen Promosie

’n Handgeskrewe nota, brief of mooi adres op ’n koevert skep dadelik ’n goeie indruk. Hoewel vorige geslagte die waarde van die skryfkuns besef het, herontdek jonger generasies die vreugde van dié eeue oue kunsvorm.

Soos met enige kuns is die gehalte van die gereedskap wat jy gebruik deurslaggewend belangrik vir die hele proses. ’n Goeie pen het die vermoë om selfs die eenvoudigste idee in iets buitengewoons te omskep. Een pen wat só aanhou om te innoveer is die Parker-pen.

Jean-Charles Hita, internasionale voorsitter van die Parker-handelsmerk, sê: “Parker verander al vir meer as 120 jaar mense se lewens deur innovasie. Nou doen ons dit weer. Deur styl met tegnologie te kombineer bied Parker ’n oplossing vir diegene wat nog nie die wêreld van hoëgehalte-penne beleef het nie. Maar as hulle dit eenkeer probeer, sal hulle vir ewig aanhangers wees!”

Parker Pen Ingenuity

Hoe om die mag van handskrif in te span

Waar begin jy as jy jou skryfkuns wil verbeter? Begin met dié wenke …

* Belê in die regte gereedskap. Een van die beste pen-reekse op die mark vandag is Parker Ingenuity. Die pen bied die gemak van ’n vulpen met die gerief van ’n balpuntpen danksy Parker se 5thTM-tegnologie. ’n Verskeidenheid stylvolle ontwerpe is beskikbaar, waaronder pêrel en swart lakvernis, met ’n keuse van afwerkings in roosgoud, chroom en goud. Om met ’n goeie pen te skryf is altyd ’n plesier – hetsy jy vir jouself skryf of vir iemand spesiaal.

Dit verg oefening. Soos enigiets anders in die lewe verg ware vernuf tyd en oefening. Begin om met potlood te skryf totdat dit makliker word om met ’n pen te skryf. Soek ook vir handskrif-voorbeelde op die internet. Hou aan skryf totdat jy jou eie styl ontwikkel. Hoe meer jy skryf, hoe makliker word dit. Om dagboek te hou is ’n slim manier om elke dag te oefen.

* Moenie van die papier vergeet nie! Hoewel die perfekte pen dinge dadelik makliker maak, gee papier van goeie gehalte jou net daardie ekstra tikkie styl. Vir dagboek hou is ’n Moleskine-joernaal of ’n boekie met dikker papier uitstekend, want dit laat jou pen vloei soos nooit tevore nie. Vir formele briewe is romerige, gehaltepapier wat die ink absorbeer sonder die risiko dat dit smeer, ideaal.

Jy sal baie gou agterkom dat handskrif natuurlik en maklik is. Jy kan selfs wonder hoekom jy so lank gewag het om jou handskrif-vernuf op te skerp.

Om meer te leer oor die Parker Ingenuit-reeks besoek www.parkerpen.com. Daar is smal en groot modelle in twee reekse in: Daring and Classic. Die Ingenuity-pen word in uitsoekwinkels landwyd verkoop.