mood man couch bank unsplash
Hieroor praat mense

Pas op vir min sperm, sofapokkel!

Ons ken hom almal, die man met die afstandbeheerder in die hand – van die een kanaal na die volgende hop hy – maar navorsing sê die sofapokkel se vrugbaarheid neem af as hy te veel televisie kyk.

Dit word onderskryf deur navorsing van die Universiteit van Kopenhagen wat in die American Journal of Epidemiology gepubliseer is. Daar is bevind jong mans wat meer as vyf ure televisie per dag kyk, het ’n laer spermtelling as die aktiewer ouens.

Maar mans wat soveel tyd en meer voor ’n rekenaar bestee, se spermtelling sal nie verlaag nie. Hoekom werk dit so? Volgens fertilitymatters.org.uk lyk dit of die mans wat soveel tyd voor die televisie lê, ook geneig is om nie gesond te eet of oefening te doen nie. Dus: dit gaan nie soseer oor die baie televisie kyk nie, eerder oor die swak leefstyl. ’n Man wat heeldag gemorskos soos skyfies en sjokolade eet en bier drink en niks oefen nie (én nog televisie kyk), sal uiteraard die uitwerking daarvan voel in ander areas van sy lewe.

mood man couch bank unsplash

FOTO Unsplash

FOTO Unsplash

FOTO Unsplash

Die spermtelling van ouens wat ure voor die televisie gesit en na die Olimpiese Spele gekyk het, maar wat gesond eet en genoeg oefen, sal nié beïnvloed word deur al die TV-kykery nie, volgens die webtuiste. Want hul leefwyse is in die algemeen gesond.

Dr. Marelize Swart, ’n seksterapeut van Kaapstad en ook van health24, beaam dit: “’n Onlangs studie wat in die British Journal of Sports Medicine gepubliseer is (4 Februarie 2013), het bevind dat manlike couch potatoes se spermtelling laer is as mans wat gereeeld oefening doen. Hoewel van die bevindinge deur ander academici gekritiseer is, stem die navorsers tog oor een ding saam: dit is nie goed vir mans om passief te wees nie en hulle moet aktief raak.”

MOOD romanties paartjie soen Unsplash

FOTO Unsplash

Dié resultate kan sofapokkels motiveer om hulle van die rusbank af op te lig en te begin sweet! “Wie weet, jy kan dalk net jou fertiliteit verhoog deur hierdie eenvoudige leefstylverandering,” meen Marelize.

En dít lei dalk weer tot beter eetgewoontes …

Lees nou

Hoekom hou ons van stoutseuns?

EKSKLUSIEF: Quinne terug by die Laan!

Generasie Y: minder seks oor Facebook?