Eric Vergnes. FOTO: verskaf

Eric Vergnes. FOTO: verskaf

Hieroor praat mense

Help, waar’s my pen?

Die pen – die einste ene wat magtiger as die swaard is – is vandag nog in aanvraag. In ons era van rekenaars en slimfone waarmee Jan Alleman kommunikeer, is dit byna ongelooflik.

“Inteendeel, die aanvraag na penne het toegeneem en dit bly groei. Selfs in Suid-Afrika verkoop al vier van ons winkels steeds penne,” sê Eric Vergnes, president van Montblanc Midde-Ooste, Afrika en Indië.

Dié maatskappy vier vanjaar sy 110de verjaardag. Montblanc is in 1906 in Hamburg, Duitsland, begin deur ’n Hamburgse bankier, Alfred Nehemias, en ’n ingenieur van Berlyn, August Eberstein. Hulle het die behoefte aan ’n eenvoudige pen raakgesien en begin penne vervaardig. Die onderneming is kort daarna oorgeneem deur Wilhelm Dziambor, Christian Lausen en later Claus Johannes Voss. Onder hul leiding is internasionale sukses in 1924 behaal met die bekendstelling van die handgemaakte Meisterstück-vulpen, en vandag is die maatskappy se penne steeds in aanvraag.

“Maar ons het ons produkreeks uitgebrei en vandag maak ons ook uitstekende horlosies, juweliersware, parfuums, en ’n reeks leergoedere. Ons het onlangs die Montblanc Urban Spirit Collection bekend gestel. Dis gefokus op die stedeling wat dikwels reis. Die reeks is ook beskikbaar in meer moderne kleure, nie net in die klassieke skakerings nie. Daar is selfs ’n rugsak in die reeks”, vertel Eric.

Die Urban Spirit-reeks. FOTO: verskaf

Die Urban Spirit-reeks. FOTO: verskaf

Hy het bygevoeg dat die maatskappy vertroue het in Suid-Afrika se toekoms, daarom het hulle vier winkels in die land. “Ons het bekostigbare items en luukse items. Die winkel in Sandton City is opgeknap, juis om dit meer toeganklik en minder intimiderend te maak. Al is dit ’n luuksegoedere-winkel, wil ons hê mense moet welkom voel. Die opgeknapte ruimte is meer oopplan en ook ligter en helderder. Dis die eerste nuwe konsep-boetiek in Suid-Afrika. Montblanc se heel eerste winkel in die land was in Sandton City.”

Screen Shot 2016-10-10 at 12.20.55 PM

Lees nou

Skryf ’n brief en verander jou lewe

Die liefdesbriewe van André P. Brink en Ingrid Jonker

Margit Meyer-Rödenbeck se brief aan haar kind