FOTO: Facebook  Jonathan Bruce Sidego

FOTO: Facebook Jonathan Bruce Sidego

Hieroor praat mense

Plaaslike advertensie-regisseur gaan Cannes toe!

Danksy die Kapenaar Jonathan Sidego se wêreldklas Lux-advertensie gaan hy Cannes Lions toe –  ’n “internasionale fees van kreatiwiteit” wat vanjaar van 21 – 27 Junie in Frankryk plaasvind.

Hiér sal hy en ’n metgesel die geleentheid kry om praatjies van die wêreld se voorste advertensie-ontwikkelaars by te woon. Sakgeld sal nie ’n probleem wees nie, aangesien hy ook ’n kontantprys van R60 000 gewen het.

lux

Jonathan gesels met SARIE.com oor die opwinding.

“Ek het so hard geskree dat ek die ander mense wakker gemaak het,” vertel Jonathan oor die oproep wat hom ingelig het dat hy gewen het.

Hy meen advertensies is magtig en kan sterk boodskappe oordra: “Dit gee jou die geleentheid om kortfilms te maak. Nie baie mense woon kortfilm-feeste by nie. Advertensie is dus kortfilms wat almal kyk,” verduidelik hy.

Dié plaaslike advertensie-regisseur kyk krities na advertensies en “haat” dit wanneer hulle nie ’n storie vertel nie.

Hy deel raad vir toekomstige regisseurs: “Ek kyk elke dag baie advertensies en kortfilms. Lees baie, skryf baie en kyk baie.”

On top of the world! Celebrating 1st place win for Lux! See you in Cannes to celebrate Jonathan!

A photo posted by MOFILM (@mofilmugc) on

Jonathan se ouers was nie altyd opgewonde oor hul seun se fassinasie met films nie: “Ek het reeds twee jaar wetenskap by UCT studeer, toe sê ek vir my ouers dat ek wil opskop. My ma het letterlik gehuil toe sy hoor ek wil by ’n filmskool in Observatory (AFDA) gaan studeer … Ek wil hulle bedank dat hulle my toegelaat het om moontlik my lewe weg te gooi … maar ek dink toe hulle dié goeie nuus hoor, het hulle besef dat ek orraait gaan wees.”

Dié jongman is nie bang om groot te droom nie: “In die volgende paar jaar wil ek ’n plaaslike komedie-drama maak wat ’n eg Suid-Afrikaanse storie vertel.”

Ons deel binnekort Jonathan se Lux-advertensie, wat spesiaal vir jonger gehore gemaak is, so hou ’n ogie op SARIE.com

Jonathan het ’n internasionale MOFILM-kompetisie gewen. Dié instansie spoor regisseurs aan om video’s te maak vir groot handelsmerke en sosiale kwessies.

Lees nou