Miss Italy kurwes
Hieroor praat mense

Mej. Italië: plusgroot naaswenner

Paola Torrente, wat ’n kleregrootte 14 dra, het tweede gekom in die Mej. Italië-kompetisie. Maar ongelukkig het haar kroning vir groot aanlyn boeliery gesorg.

Die 22-jarige is deur verskeie modelle, onder andere Nina Moric van Kroasië, gekritiseer. Nina het op sosiale media gesê dat Paola te vet is en dat sy die naaswenner is bloot oor dit “polities korrek” is, berig Daily Mail.

In cerca di sonno XD #miss #curvy #curvedamiss #me #missitalia

A photo posted by Paola Torrente (@paola_torrentereal) on

Maar Paola het net die kuberboelies se kritiek met ’n glimlag hanteer. “Ek is natuurlik, ek het kurwes en ek is trots op my lyf,” het sy aan Daily Mail gesê.

Sy vertel dat talle meisies haar bedank het oor sy vreesloos deelgeneem het. “Ek aanvaar my kurwes en ek is nie skaam vir hulle nie. Sulke woorde soos hare (Nina s’n) aanvaar ek net met ’n glimlag. Ek is lief vir myself.”

(Volgens Daily Mail het Nina later verskoning aangebied en vir Paolo gesê sy is mooi.)

Lees nou

Bekendes met ’n onvolmaakte glimlag

Koninklike toer: Charlotte te skattig

FOTO: Só lyk Behati en Adam se baba