Screen Shot 2016-04-22 at 3.17.01 PM
Het jy gehoor?

Politieke reus Dene Smuts sterf

Dene Smuts het diep spore in die Suid-Afrikaanse politiek getrap. Sy is gisteraand skielik oorlede in die ouderdom van 67.

Dié Afrikaanse vrou het haar merk op die politieke toneel in Suid-Afrika gelaat. Ná haar loopbaan in die media, sy was onder meer die redakteur van Fairlady, het sy die politiek in 1989 betree.

Volgens Irna van Zyl, voormalige direkteur van New Media Publishing, was Smuts ’n dapper rolmodel.

“As ’n betreklik junior joernalis was Dene Smuts  vir my ’n dapper rolmodel en uitstekende leier, iemand wat as redakteur van Fairlady kon opstaan vir haar beginsels en bereid was om een van die mees gesogte redakteurskappe in die tydskrifjoernalistiek vaarwel toe te roep uit protes teen politieke voorskriftelikheid. Ons ander, haar kollegas, was so bitterlik trots op haar en het haar politieke loopbaan met groot belangstelling gevolg. Vir ons was sy ’n heldin en ’n ikoon,” vertel sy aan SARIE.com.

Smuts was ’n LP vir die Demokratiese Party en het haar politieke loopbaan voortgesit in die Demokratiese Alliansie. In 1992 het sy geskiedenis gemaak as die eerste vrou wat as sweep gedien het in die Suid-Afrikaanse Parlement. Sy was ook betrokke by die onderhandelinge oor die skryf van die Handves van Menseregte. Sy het in 2009 afgetree. Sy was ’n kampvegter vir vryheid van spraak.

Vir die volledige storie lees  The Times.

Lees nou

Prince, ’n pionier van sy tyd