stres

FOTO Unsplash / Milada Vigerova

Hieroor praat mense

Praat met hierdie apps oor jou stres!

Ja, dit is so, jou slimfoon en die internet kan jou help ontspan. Slim oefeninge help jou om beheer te neem van jou stres, vreesaanjaende gedagtes en die hartklop wat daarop volg. Laai hierdie apps op jou slimfoon sodat jy altyd die oefeninge byderhand het.

Dit is nie net jou liggaam wat oefening benodig nie, ook jou brein en gedagtes moet fiks gehou word. Sommige van dié oefeninge is net 15 sekondes lank en dit maak sin om dit byderhand te hê vir die kere dat jy dit nodig kry, of tye waar jy dalk op die bus sit of iewers wag en niks doen nie.

Happify

Hierdie app gebruik wetenskap om jou brein te oefen om meer positiewe gedagtes as stresvolle gevoelens te hê. Happify gee jou doeltreffende oefeninge en programme waarmee jy in beheer van jou gevoelens en gedagtes kan wees.

app

Laai dit in Apple se App Store af | Laai dit by Android se Google Play Store af

Headspace

Het jy al meditasie probeer? Headspace het verskeie sessies spesifiek vir jou unieke leefstyl en behoeftes. Skakel die sessies aan en leer hoe om meer bewus (mindful) te leef. Mindfulness is een van die gonswoorde van 2016 en met hierdie gratis app kan jy kyk of dit vir jou werk. Veral in ons tyd van digitale uitbranding. Gebruik ’n paar minute in jou dag en fokus op jou gedagtes, asemhaling en liggaamsontspanning.

Laai dit in Apple se App Store af | Laai dit by Android se Google Play Store af

Pacifica

Pacifica sê vreesaanjaende gedagtes veroorsaak gevoelens van vrees en dít lei tot aksies. Jou hart begin vinniger klop, want jy dink jy is in gevaar en voel jy moet ontsnap. Pacifica wil hierdie siklus verbreek deur jou die regte “gereedskap” te gee waarmee jy die siklus op enige plek kan stop. Só leer jy om jou gevoelens te beheer en te hanteer.

Dit gaan nie oor kitsoplossings nie, maar oor vordering dag vir dag.

stres

Laai dit in Apple se App Store af | Laai dit by Android se Google Play Store af

Calm

Toe ek op Calm se webtuiste klik, het ek dadelik geweet dit gaan my kalmeer. Die klanke van reën wat op blare val het my verwelkom en ek kon kies tussen baie meer opsies, soos kaggelvure en rivierwater oor klippe.

Die klanke help jou om te ontspan. Daar is ook oefeninge waarop jy kan inteken en meer musiek om jou te help ontlaai.

app

Laai dit in Apple se App Store af | Laai dit by Android se Google Play Store af

Lees nou

Wat is mindfulness?

Maak geld op dié apps … met enige talent!

Dié top-10 SA vakansieplekke raak vinnig vol!

Bly só veilig op die internet

10 ontspanningstrends op VIA se Sieners