FOTO Minette de Villiers

FOTO Minette de Villiers

Hieroor praat mense

Prembabas: Drie vegtertjies se verhaal

Vandag is dit Wêreld-Prematuurdag en ons haal ons hoed af vir elke vegtertjie in die wêreld. Kyk maar net vir Wayde van Niekerk, eens ’n prembaba, nou ’n Olimpiese atleet.

Altesame 3 miljoen pasgebore babas sterf elke jaar wêreldwyd, berig Netwerk24.

Vanjaar het die Groote Schuur-hospitaal se eenheid vir pasgebore babas ’n skenking van R40 miljoen gekry. In Mei het ook Wayde R500 000 aan dié eenheid geskenk, berig Netwerk24. Hy is self vroeggebore en het sy opwagting op 29 weke gemaak!

FOTO Instagram / @waydedreamer

FOTO Instagram / @waydedreamer

Kyk sy storie hier:

In SARIE se eie kantoor is ’n verhaal van ’n vegtertjie, Leah Elizabeth Gerischer, wat op 26 weke gebore is. Sy is nou 5 jaar oud. Haar ma, Hanri Gerischer, SARIE se kunsredakteur, het in 2013 hul roerende verhaal in SARIE gedeel.

FOTO Minette de Villiers

FOTO Minette de Villiers

Hier volg ’n uittreksel:

Baie aande, wanneer die dag reeds verby is, gaan kyk Hanri Gerischer hoe haar dogtertjie slaap. Dan raak sy net stil daar in die donker langs haar kind se bedjie en sê dankie. Net dankie.

Die aansteekbord in die kinderkamer in hul huis op Stellenbosch vertel so iets van die pad wat Hanri en Anton gestap het met hul eersteling: briewe van gelukwensinge en bemoediging, sonars, kaartjies, ’n stringetjie papierhartjies, foto’tjies, aandenkings, en tussen dit alles – die geel hospitaalkaart met die afdruk van twee voetjies, onmoontlik klein – geneem op dag twee in die Panorama-Mediclinic se neonatale intensiewe eenheid in Bellville, toe Leah Elizabeth Gerischer 975 g geweeg het.

Want nadat Leah op 26 weke gebore is – op die agtersitplek van oupa Johan Gerber se motor iewers op die N2 naby Kaapstad – het ’n intense vier maande in die hospitaal gevolg waarin byna alles wat met ’n vroeggebore baba kon verkeerd loop, met haar gebeur het: respiratoriese noodsindroom wat gelei het tot dae lank op asemhalingsmasjiene, breinbloeding wat vererger het tot graad 4 (die hoogste), en geperforeerde dermpies wat ’n groot kolostomieoperasie op dag 12 beteken het. Plus infeksie, geelsug en bloedarmoede waarvoor sy heelparty bloedoortappings gekry het.

Maar Hanri glo alles het gebeur soos dit moes.

“Ek wou nog altyd met alles in my ’n baba hê, en toe kry ek ’n baie spesiale een, wat nie kon wag om hierdie lewe van ons aan te pak nie. As ek terugdink, sal ek alles weer net so doen as ek moet. Ek het dit nog nooit beskou as ’n straf nie, maar ’n pad wat ons moes stap. Dit was ’n moeilike reis, maar dit het ons lewens verryk en net weer die rigting aangewys. Dit was miskien nie die tipiese sprokiesverhaal nie, maar ’n besonderse een van hoop, geloof, vriendskap en liefde …

En die grootste geskenk is Leah.

“Partykeer as sy baie moeg is, en ek by haar sit voor sy gaan slaap, sit sy haar voorkoppie teen myne. Dan sê ek saggies vir haar: ‘Mamma is so lief vir jou’. En dan glimlag sy en sit haar koppie op my skouer … Wat kan nou beter wees as dit?”

Leah se verhaal in foto’s

In 2011 as prembaba

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

In 2013 as tweejarige

FOTO Minette de Villiers

FOTO Minette de Villiers

In 2016 as vyfjarige

FOTO Verskaf Leah Hanri

– Lees Leah se volledige storie hier.

Ter viering van Wêreld-Prematuurdag is hier nóg ’n vegtertjie se verhaal. Klein E’layah Pegues is verlede jaar 3 maande te vroeg gebore.

Kyk haar storie hier:

Lees nou

Nóg hartseer vir ons renosters

FOTO’S: Supermaan is ster op sosiale media