FOTO Instagram / @whitehouse

Hieroor praat mense

Tranerige Obama se laaste toespraak

In 2008 is Barack Obama verkies as Amerika se 44ste president en gister het hy ná agt jaar in die Withuis sy laaste amptelike toespraak gelewer. Hy was baie emosioneel toe hy sy vrou van die afgelope 25 jaar, Michelle, bedank het.

“Vir die afgelope 25 jaar was jy nie net my vrou en die ma van my kinders nie, maar ook my beste vriendin. Jy het ’n rol aangevat waarvoor jy nie gevra het nie en dit joune gemaak met grasie en durf en styl en humor.” Oor alles wat hy al in sy lewe bereik het, is hy die trotsste daarop om die pa van sy twee dogters, Malia en Sasha, te wees, het hy hulde gebring aan sy kinders.

A photo posted by The White House (@whitehouse) on

 

Hier is 5 van die beste aanhalings uit sy toespraak

1) “Demokrasie vereis nie eenvormigheid nie. Ons stigters moes soms stry en toegee, en hulle het voorsien dat ons dieselfde sou doen. Maar hulle het besef demokrasie vereis ’n basiese gevoel van samehorigheid – dat ons ondanks al ons uiterlike verskille weet ons is almal saam in hierdie ding; dat ons soos een saam sal opstaan of val.” 2) “Wat ook al die posisie wat ons beklee, ons moet almal harder probeer; begin by die uitgangspunt dat elkeen van ons landsgenote Amerika net so lief het soos ons; dat hulle harde werk en familie net so hoog op prys stel soos ons; dat hulle kinders net so vol hoop en verwondering is soos ons eie en ons liefde net so waardig is.” 3) “Ons Grondwet is ’n merkwaardige geskenk. Maar eintlik is dit net ’n stuk papier. Op sy eie het dit geen krag nie. Ons, die mense, gee dit krag – deur ons deelname en deur die keuses wat ons maak.” 4) “Die werk wat demokrasie van ons vereis was nog altyd moeilik, vol twispunte en soms ook bloedig. Vir elke twee treë wat ons vorentoe gee, voel dit dikwels of ons een tree terug gee.” 5) “Ek vra julle om te glo. Nie in my vermoë om ’n verskil te maak nie – maar in jul eie.” Bronne: Harper’s BazaarTelegraph en The Guardian

A photo posted by Barack Obama (@barackobama) on

Ons gaan dié gesin beslis mis!

Lees nou

Kyk! Barack Obama se laaste Kerskaartjie as president

Jong Barack en Michelle op silwerdoek

FOTO’S: Prins Harry kuier by Barack en Michelle Obama