FOTO Gallo Images/Getty Images

FOTO Gallo Images/Getty Images

Hieroor praat mense

Prins Harry, Charlize Theron in SA vir vigs-bewusmaking

Prins Harry het gister in Suid-Afrika geland, waar hy vanoggend die 2016 Internasionale Vigskonferensie in Durban gaan bywoon. 

Harry gaan 13:00 aan ’n gesprek deelneem oor die impak van MIV/vigs op die jeug.

Die konferensie het Maandag afgeskop. Met dié jaarlikse konferensie sit van die slimste en invloedrykste mense koppe bymekaar om nuwe idees te skep om MIV/vigs wêreldwyd beter te beveg.

Die konferensie duur 5 dae en daar word sowat 18 000 konferensiegangers verwag, onder andere Ban Ki-moon, , Charlize Theron en Elton John.

Prins Harry het verlede week regstreeks via Facebook Live ’n MIV/vigs-toets laat doen om bewustheid te bevorder.

Die KwaZulu-Natalse LUK dr. Sibongiseni Dhlomo het Sondagaand sy dank en bewondering uitgespreek teenoor Charlize Theron vir haar werk teen MIV/vigs. “Ons is baie trots op jou werk, dit gaan ongesiens verby nie.”

Charlize is vanjaar een van die tydskrif TIME se 100 invloedrykste mense. Hulle skryf oor haar:

“Baie bekendes weet hoe om die publiek bewus te maak van sosiale kwessies. Charlize Theron is anders. Eerstens is sy baie nou betrokke by die werklike harde werk van haar Charlize Theron Africa Outreach Project; sy het die afgelope 9 jaar baie tyd in suidelike Afrika deurgebring met jong mense wat sy gehelp het om hulself teen vigs te beskerm. Tweedens is sy baie uitkomsgerig, en sy ken haar program baie goed. En derdens – en dit is wat haar besonders doeltreffend maak by mense wat die vermoë het om goed te laat verander – sy’s nie bang om haar opinie uit te spreek nie. Ek het nog nooit iemand ontmoet wat minder terughou nie. Dit beteken mense vertrou haar, wat haar invloed vergroot.”

Afrika se toekoms lê in die hande van gesonde en opgeleide jeug. Só het Bill Gates Sondag by die 14de Mandela Annual Lecture-reeks by die Universiteit van Pretoria se Mamelodi-kampus gesê.

Demografies gesproke is Afrika die jongste kontinent, en die jeug kan ’n bron van ’n spesiale soort dinamika wees. Sowat 2 biljoen babas sal na beraming in die volgende 35 jaar op ons vasteland gebore word, en teen 2050 sal 40% van die wêreld se kinders hier leef.

Afrika se sukses, sê hy voorts, hang daarvan af of die jeug die geleenthede gegee gaan word om te floreer.

Bronne: eNCA, TIME

Lees nou

FOTO’S: Prins Harry by kindersentrum in Lesotho

FOTO-ALBUM: Rokke by die amfAR-gala