FOTO Instagram / @kensingtonroyals

FOTO Instagram / @kensingtonroyals

Hieroor praat mense

Prins Harry se grootste berou

Drie jaar gelede, op die ouderdom van 28, het prins Harry vir die eerste keer gepraat oor die dood van sy ma, prinses Diana. Maar vóór dit was dit ’n seer wat hy nie wou aanroer nie. En dis vandag die 31-jarige se grootste berou.

Harry het ’n geleentheid saam met die koninklikes se liefdadigheidsorganisasie Heads Together gehou. Hy het gepraat oor die belangrikheid van ’n ondersteuningsnetwerk tydens verlies en trauma.

“Ek is werklik spyt dat ek nie oor my ma se dood gepraat het nie,” het Harry tydens die geleentheid gesê, berig The Guardian.

Toe prinses Diana in 1997 in ’n motorongeluk gesterf het, was Harry 12 en prins William 15.

“Dis reg om te ly, solank jy net daaroor praat. Dis nie swak nie. Jy is swak as jy bewus is van die probleem en dit nie probeer oplos nie.”

- Prins Harry

Sports stars join Prince Harry at a Heads Together BBQ at Kensington Palace, London, to talk about challenges they have faced in their life and how the support of others has helped. Rio Ferdinand, Dame Kelly Holmes, Victoria Pendleton, Jonathan Trott and Iwan Thomas talked with Prince Harry about tough times in their lives and struggles with their mental health or wellbeing and the importance of being supported by people or networks. Many were accompanied to the event by those who had helped them overcome challenges and provided support. Before a game of French Cricket, the sports stars discussed with Prince Harry how talking to friends, family and colleagues can be a vital first response during difficult times. Most of us will go through a difficult time at some point in our lives, including the sporting stars we may think are invincible. Hearing sporting heroes and role models talking openly about their tough times and what support has helped them can help us all feel more confident about reaching out for support when we need it.

A photo posted by Kensington Palace (@kensingtonroyal) on

Almal van ons ervaar trauma en verlies. Soms ly ons as ’n nasie, maar dikwels is dit persoonlike pyn waardeur ons worstel en probeer verwerk. Want closure (afsluiting) is nodig om aan te gaan en weer hoop te vind. En dit neem tyd.

Wenke om afsluiting te kry*:

Madine Swart, sielkundige van Strand, beveel dié stappe aan:

• Ondersoek die situasie wat jy probeer verwerk. Kry soveel moontlik inligting oor die oorsake en probeer antwoorde vind.

• Aanvaar die werklikheid, sien die prentjie soos dit is en sluit af: Met ’n alkoholis-pa kon jy dalk nie die verhouding met hom hê wat jy sou wou hê nie. As ’n verhouding misluk het, moet jy “toemaak” en kommunikasie met jou gewese geliefde staak. Ná teleurstelling moet jy daarmee vrede maak dat dinge nie uitgewerk het soos jy beplan het nie.

FOTO Unsplash

FOTO Unsplash

• Laat verwagtinge gaan. As jy skei, laat vaar die verwagting dat jy altyd getroud sou bly. As jy enkellopend is, laat vaar die verwagting dat jy sou trou.

• Moenie emosies en skuldgevoelens bly koester en daaraan vasklou nie.

• Stel jouself oop vir nuwe moontlikhede. Jy het dalk nuwe fasette van jouself ontdek, soos dat jy nou emosioneel baie sterk is. Vier dit met kreatiwiteit. Skilder iets!

* Die inligting kom uit SARIE se Augustus 2013-uitgawe.

Lees nou

Russiese avonturiër reis 34 820 km met lugballon

Hond red seun in Mexiko