FOTO Instagram / @kensingtonroyals

FOTO Instagram / @kensingtonroyals

Hieroor praat mense

Prins William se styl-evolusie

Jy kan die hertogin van Cambridge, Catherine, oftewel Kate Middleton, altyd deur ’n ring trek. Haar uitrustings laat dikwels die koppe draai. Nou begin prins William ook die aandag trek, want iemand het sy klerekas beetgekry. En sy uitrustings is 10/10 en in die kol!

Natasha Archer, die stilis wat verantwoordelik is vir Catherine se uitrustings, het ingespring en prins William gehelp. Hy het oor die jare bekend geraak vir sy onvleiende chino-broeke, V-nektruie en blou hemde. Nou is daar stylvolle baadjies, klassieke truie, noupassende chino-broeke en ’n variasie van kleure.

Volgens Vanity Fair het Natasha deur prins William se kas gegaan en van sy ou klere uitgegooi. En Catherine was ook baie betrokke in die kies van sy nuwe uitrustings.

Kyk net die transformasie:

Toe

 

Nou

Wat dink jy van sy transformasie?

Lees nou

VIDEO: Voller wenkbroue – met ’n koekie seep?

Hortjies binne en buite

Almal wil met haar werk – van BMW tot Belvedere Vodka tot John Legend!