Hieroor praat mense

Raai waar hou William en Kate wittebrood?

Die hertog en hertogin van Cambridge, William en Kate, hou volgens berigte wittebrood by ‘n luukse oord op die noord-eiland van die Seychelles. Dit word die Christian Louboutin van eilandvakansies genoem en lok gereeld Hollywood-sterre en die wêreld se superrykes.

Hulle was in 2007 ook daar vir ’n intieme vakansie op die klein eilandjie Desroches. Na dié vakansie het Prins William gesê dit was die beste vakansie wat hy al gehad het. Dus het die eilande vir die paartjie lieflike herinneringe.  

* So lyk die kamers by die oord.

  • Veronica Taljaard

    Soos julle se. Absoluut idillies!! Mag hulle ‘n wonderlike huwelik he. Sommige mense het hulle al klaar in die skei-hof laat beland, maar hulle is twee pragtige mense met pragtige Christelike oortuigings. Geniet die wittebrood. Ons kon 38 jaar gelede net Durban bekostig, maar was nog steeds wonderlik en
    is nog saam na al die jare.

  • Amanda Dowling

    Ek het nie veel van n wittebrood gehad nie maar na 32 jaar met die Genade van bo is ons nog gelukkig getroud.

  • Sue

    Ek wens Catherine en William alles van die beste! William kom uit moeilike, persoonlike omstandighede vanwee Diana se ongelukkige huwelik en dood, so hy verdien om so ‘n normale huwelik as moontlik te he met die vrou van sy keuse. Sy is pragtig, en ek praat nie net van aansig nie, maar as mens. Ek dink sy en Diana sou dalk goeie maats kon wees. Hoe tragies dat Diana haar nie kon ontmoet en ervaar as skoondogter nie!