Renoster Hope vroeër vanjaar
FOTO Facebook  Adrian Steirn

Renoster Hope vroeër vanjaar FOTO Facebook Adrian Steirn

Hieroor praat mense

Renoster Hope ’n simbool van hoop ná stroper-aanval

Die renoster Hope doen haar naam gestand, want sy is ’n simbool van hoop ná sy ’n stroper-aanval oorleef het, berig Netwerk24

Die oorlewing van dié renoster van die Lombardi-natuurreservaat in Jeffreysbaai word as ’n wonderwerk bestempel omdat sy met ernstige kopbeserings gelaat is nadat haar horing diep uitgekap is.

’n Neusplaat is eers oor Hope se blootgestelde sinusholtes geplaas, maar dis later verwyder omdat dit haar geïrriteer het.

Volgens Netwerk24 sê dr. William Fowlds, die veearts van Investec Rhino Lifeline, dat daar tekens is dat die wond gesond word.

Lees meer op Netwerk24

Fotograaf Adrian Stein, wat graag diere afneem, het sy Facebook-blad gebruik om die publiek aan te moedig om by dié styd betrokke te raak: “Jy het die geleentheid om deel te wees van die generasie wat ’n spesie red. Doen moeite om die foto en haar [Hope] se storie te deel.”

renoster

renoster

FOTO: Facebook  William Fowlds

FOTO: Facebook William Fowlds

Bron: Netwerk24

Lees nou