Rio Olympics
#SARIEsport

Rio 2016-naweekgids: Die atletiek begin!

Die afgelope week het verskeie atlete dinge in die swembad, op die gimnastiekbaan en op die tennisbaan uitgespook. Maar dikwels begin die hoogtepunt van die Olimpiese Spele eers wanneer die sneller trek vir die eerste wedloop op die atletiekbaan. En dit gebeur die naweek, met gróót name soos Usain Bolt en ons eie Wayde wat die spykerskoene aantrek.

Dís wanneer Span SA in aksie is

Vrydag 12 Augustus om 15:10 SA tyd – Atlete Reinhardt van Rensburg en Jacob Rozani in die eerste rondte van die 800 m vir mans.

Vrydag 12 Augustus om 16:10 SA tyd - Die langasem-atleet Dominique Scott neem deel aan die 10 000 m-finaal vir vroue.

Vrydag 12 Augustus om 19:30 SA tyd – Wayne Snyman neem deel aan die finale ronde van die 20 km-stap.

Saterdag 13 Augustus om 02:05 SA tyd – Blitsige Wayde van Niekerk neem aan die eerste ronde van die 400 m deel.

Saterdag 13 Augustus om 02:20 SA tyd – Die eerste ronde vir verspring vind plaas en Stefan Brits, Luvo Manyonga en Rushwahl Samaai neem deel.

Saterdag 13 Augustus om 14:30 SA tyd - Die eerste ronde vir 100 m en vinnige Akani Simbine gaan baklei vir ’n plek in die halfeindronde.

Sondag 14 Augustus om 1:30 SA tyd – As dinge goed gaan, sal die blitsige Wayde vir ’n plek in die 400 m-finaal baklei.

Sondag 14 Augustus om 14: 30 SA tyd - Irvette van Zyl neem deel aan die marathon vir vroue.

Maandag 15 Augustus om 03:00 SA tyd - Die finale ronde vir 400 m. Ons hou duimvas vir Wayde!

Maandag 15 Augustus om 03:25 SA tyd - Die finale ronde vir 100 m (mans). Sal Akani Simbini saam met Usain Bolt hardloop?



Suid-Afrika is gek na ons vinnige Wayde van Niekerk. En ons hou duimvas dat dié atleet goud sal huis toe bring. Maar ons is nie al nie, selfs internasionale atlete neem kiekies saam met Wayde!

FOTO Instagram / @waydedreamer

FOTO Instagram / @waydedreamer

Die All Black Sonny Bill Williams is vanjaar te sien by die Olimpiese Spele se sewesrugby-toernooi. Hy het ’n foto saam met Wayde geneem en hom as “nederig” beskryf.

As alles goed gaan, sal Wayde Sondag 14 Augustus in die 400 m se halfeindronde hardloop!

In SARIE se Mei 2016-uitgawe het Lydia van der Merwe met die blitsige Wayde gesels. Hier volg ’n kort uittreksel. 

Koerantberigte verwys na jou nederigheid. Hoe bly jou voete op die grond?

Ek is ’n doodgewone ou wat my lewe probeer leef so goed ek kan. Dat so baie mense my ondersteun, hou my nederig. My ma, stiefpa, Ans … eintlik my hele familie is rolmodelle. Hulle het sekere eienskappe en ’n ingesteldheid waaruit ek kan put om my eie karakter te bou.

Talent is nie genoeg nie. Wat het jy wat jou een van die vinnigste 400 m-atlete in die geskiedenis maak?

Ek glo God het my die talent gegee en ek moet net my kant bring. Ek is toegewyd, positief. Ek respekteer die mense om my en probeer ander help waar ek kan.

FOTO Olympics

FOTO Olympics

En die marathon-atleet Irvette van Zyl glo dat sy beter as ooit hardloop sedert die geboorte van haar baba, Louis.

“Ek dink eintlik ek hardloop beter vandat ek ’n ma is,” sê sy. “Deesdae het ek nie tyd om voor ’n wedloop te stres nie – iets wat in die verlede vir my ’n groot probleem was. Nou is ek net aan’t oefen of besig met Louis. Ek dink nie aan iets anders nie.”

FOTO Phyllis Green STILERING Fanie Cronjé

FOTO Phyllis Green
STILERING Fanie Cronjé

Rio-OlympicsDit sal op die volgende kanale van SuperSport uitgesaai word:

SS4 (DStv kanaal 204) – Openingseremonie, swem, atletiek, marathon, loop, afsluitingsseremonie.
SS5 (DStv kanaal 205)  – Hokkie, handbal, vlugbal, gimnastiek, springmat.
SS6 (DStv kanaal 206) – Tennis, basketbal, fietsry, tafeltennis, pluimbal.
SS7 (DStv kanaal 207) – Boks, gewigoptel, judo.
SS12 (DStv kanaal 212) – Olimpiese nuuskanaal.
SS13 (DStv kanaal 213)- Watersport: roei, duik ens.
SS14 (DStv kanaal 214)- Vyfkamp en ruiterkuns.

Vir die SABC-skedule klik hier.

- Hou Dinsdag SARIE.com se nuusbrief dop vir jou volgende gids.