FOTO: Pixabay

FOTO: Pixabay

Hieroor praat mense

Rommelstatus – só kan dit jou sak raak

Dit klink omtrent soos ’n vloekwoord: Rommelstatus. En die afgelope paar weke word dié woord heen en weer gegooi. Maar presies hoe gaan dit Jan Alleman se sak raak? SARIE.com het gesels met Ian Cruickshanks, hoofekonoom van die SA Instituut vir Rasseverhoudinge. 

Die slegte nuus

“Dis die realiteit: ons kan nie meer sê as ons rommelstatus bereik nie, maar wanneer ons rommelstatus bereik. Dit kom, en dalk gouer as wat ons dink,” het Cruickshanks gesê.

Wat is rommelstatus?

Dis ’n afgraderingstatus wat negatiewe implikasies inhou en wat die aandelemark van ’n land baie seermaak. Dit beteken kredietverskaffers gaan hoër rentekoerse begin vra, en dít maak internasionale lenings duurder. Buitelanders se vertroue in Suid-Afrika sal drasties verswak.

Hoe gaan dit jou sak raak?

Dit sal maer jare wees. Alles sal duurder word. ’n Styging in kospryse en selfs in die petrolprys is ons voorland.

“Daar sal ook minder werkgeleenthede wees en die kans op afdankings gaan hoër wees. Die rand se waarde teenoor die dollar gaan aansienlik swakker wees.”

FOTO: Unsplash

FOTO: Unsplash

Wenke vir jou sak

Cruickshanks gee die volgende wenke wat jy so gou moontlik moet toepas

• Moenie meer spandeer as wat jy verdien nie.

• Betaal jou skuld so gou moontlik af!

• Probeer om nie nóg onnodige skuld te maak nie.

• En spaar jou geld, sover jy kan.

“Wees verantwoordelik met jou geld, werk mooi daarmee en betaal jou skuld af, net vir ingeval iets slegs oor jou pad kom,” sê Cruickshanks

Lees nou

’n Spaarplan vir jou – spaar só R13 780 in ’n jaar

5 wenke om kop te hou as geldsake knyp