FOTO Instagram (@khaleejtimes)

FOTO Instagram (@khaleejtimes)

Hieroor praat mense

Rooi vs blou: Wat verklap dit?

Die wêreld is steeds verward. Hoe op aarde het dit tot by dié punt gekom? Die eerste van drie presidensiële debatte tussen die kandidate Hillary Clinton (68) en Donald Trump (70) is verby. Albei is honger vir die titel en reg om die ander een onder die bus te gooi. Die vraag is nou: Wie gaan wen?

Maar dis die keuses van hul uitrustings se kleure wat ’n belangrike storie vertel. Strategies? Beslis, meen Lien Potgieter, ’n kleurterapeut en -adviseur van Benoni.

“Die kleure van hul uitrustings was beslis ’n strategiese besluit. Hulle het dit albei haarfyn beplan, daaroor is geen twyfel nie. Met dit wat hulle gedra het, wou hulle iets meer sê,” vertel Potgieter aan SARIE.com.

Hillary het ’n helderrooi pak gedra – voorheen het sy veral blou gedra. En Donald wat altyd ’n rooi das gedra het, het dié keer ’n blou een gedra.

Volgens Los Angeles Times wou die kandidate moontlik ’n boodskap vir die opposisie uitstuur.

Maar Potgieter sê daar’s ’n groter boodskap. “Heel moontlik iets onderliggends vir mekaar.”

Hillary se rooi pak 

Volgens Potgieter beteken rooi dat jy ernstig opgeneem wil word. “Luister na wat ek te sê het, want dit het waarde.” Maar dis ook ’n gevaarliker kleur.

“Sy het beslis vir Donald ’n persoonlike boodskap gestuur: ‘Dink twee keer voor jy my aanvat.’ Sy was gefokus.”

Donald se blou das

Vir Potgieter was dit ’n vreemde keuse, want Donald staan bekend as die geen-genade-kandidaat. “Maar blou reflekteer goeie kommunikasie en is kalmerend. Hy wou moontlik sê: ‘Ek’s gereed om te luister. Ek het jul belange op my hart.’ ”

Sy meen albei was slim in die kleurkeuse van hul uitrustings.

“Hulle het beslis vooraf daaroor gedink, veral oor wat hulle wil sê.”

Volgens The Economist sal hierdie presidensiële debat heel moontlik die een met die meeste kykers in die geskiedenis wees – met meer as 100 miljoen wat glo ingeskakel het. Tot dusver het die 1980-debat tussen Ronald Reagan en Jimmy Carter die rekord gehou met 80,6 miljoen kykers. In 2008, toe Barack Obama vir die eerste keer die presidentsverkiesing gewen het, het slegs 63,2 miljoen kykers ingeskakel op sy debat met John McCain.

Só het die kykers ingeskakel:

Lees nou

Hillary vs Donald in eerste debat

Top-20 vakansieplekke in SA

Só lyk die nuwe klassieke wit hemp