rus

FOTO Unsplash / Clem Onojeghuo

Hieroor praat mense

Rus 12 dae met net 3 dae se verlof

Om na jou verlofdae te loer help beslis met die werk-blues ... al is die geluk van korte duur en word jy gou na die werklikheid teruggedwing deur die opgehoopte e-posse in jou inboks. Maar hier’s ‘n slim wenk om die beste van jou April-maand te maak.

Vra verlof aan vir die 13de April, 18de April en 28ste April. Sodoende stap jy weg met altesame 12 rusdae as jy Saterdae en Sondae bytel!

April 2017

Vra verlof aan vir 13 April, 18 April en 28 April en kry twee uitspan-sessies van onderskeidelik ses en vyf dae.

verlof

Laai hierdie kalender sommer af en stuur dit aan jou vriende en familie. ’n Vroeë herfswegbreek is dalk net wat jy nodig het.

Beplan sommer verder ook

Langnaweek!

Vrydag 16 Junie: Jeugdag

Sondag 24 September: Erfenisdag

Maandag 25 September: Openbare vakansiedag

Maandag 25 Desember: Kersfees

Dinsdag 26 Desember: Welwillendheidsdag

Midweek-aftyd

Woensdag 9 Augustus: Nasionale Vrouedag

Maar dié dag val op ’n Saterdag :(

Saterdag 16 Desember: Versoeningsdag

Lees nou

Top-reisplekke vir 2017

7 goeie Nuwejaarsvoornemens vir 2017

Top-10 kleure vir 2017