rus

FOTO Unsplash / Clem Onojeghuo

Hieroor praat mense

Rus 15 dae met net 4 dae se verlof … dis weer vakansie!

Die meeste van ons is reeds terug op kantoor, maar met die Desember-vakansie nog vars in die geheue kon ons nie help om te begin beplan aan ons volgende rustyd nie. Probeer hierdie nuttige wenk!

Om na jou verlofdae te loer help beslis met terug-werk-toe-blues ... al is die geluk van korte duur en word jy gou na die werklikheid teruggedwing deur die opgehoopte e-posse in jou inboks.

Vra verlof aan vir die 20ste Maart, 13de April, 18de April en 28ste April. Sodoende stap jy weg met altesame 15 rusdae as jy Saterdae en Sondae bytel!

Maart 2017

Vra verlof aan vir Maandag 20 Maart en rus van Saterdag tot Dinsdag!

verlof

April 2017

Vra verlof aan vir 13 April, 18 April en 28 April en kry twee uitspan-sessies van onderskeidelik ses en vyf dae.

verlof

Laai hierdie twee kalenders sommer nou af en stuur dit aan jou vriende en familie. ’n Vroeë herfswegbreek is dalk net wat jy nodig het ná die afgelope vakansie.

Beplan sommer verder ook

Langnaweek!

Vrydag 16 Junie: Jeugdag

Sondag 24 September: Erfenisdag

Maandag 25 September: Openbare vakansiedag

Maandag 25 Desember: Kersfees

Dinsdag 26 Desember: Welwillendheidsdag

Midweek-aftyd

Woensdag 9 Augustus: Nasionale Vrouedag

Maar dié dag val op ’n Saterdag :(

Saterdag 16 Desember: Versoeningsdag

Lees nou

Top-reisplekke vir 2017

7 goeie Nuwejaarsvoornemens vir 2017

Top-10 kleure vir 2017