FOTO Facebook /Fedor Konyukhov

FOTO Facebook /Fedor Konyukhov

Hieroor praat mense

Avonturier reis 34 820 km met lugballon

En jy dink jy het ’n goeie naweek gehad! Die Russiese avonturier Fedor Konjoechof het in net 11 dae 34 820 km met ’n lugballon om die wêreld gereis. 

Die 64-jarige Fedor het Saterdag veilig in die Australiese boendoe geland nadat hy oor Nieu-Seeland, die Stille Oseaan, Suid-Amerika, die Suidelike Oseaan en Kaap die Goeie Hoop gevlieg het.

Vir die volle 11 dae het Fedor in ’n hangkarretjie gebly. Die temperature buite dié hangkarretjie het tot -50 grade Celsius gedaal.

In 2002 het die avonturiër Steve Fossey 33 195 km met ’n lugballon gereis. Hy was vir 13 dae in die lug.

Dis nie al prestasie in sportkringe nie. Chris Froome het Sondag die eerste Brit geword wat die Tour de France vir ’n derde keer gewen het. Die Suid-Afrikaner Louis Meintjies het agtste geëindig.

Bronne: Al Jazeera, The Guardian, Netwerk24

Lees nou

Barbra Streisand sing saam met Oscar-wenners

Hond red seun in Mexiko