FOTO Instagram @nadiajaftha

FOTO Instagram @nadiajaftha

Hieroor praat mense

Ma-en-dogter-poetse het SA aan die gons

Verbeel jou jy maak gereed om jou hare droog te blaas, maar sodra jy die droër aanskakel, ontplof daar babapoeier in jou gesig. En wie sit agter dié poets? Jou eie dogter. En dan deel sy dít boonop op sosiale media met haar duisende aanhangers …

Die mode-vlogger* Nadia Jaftha en haar ma, Nawaal, is besig om gróót internetsensasies te word.

Nadia vertel in ’n onderhoud met KFM dat sy die eerste video opgelaai het omdat dit vir haar snaaks was. In dié video (kyk dit hieronder) rook sy voor haar ma en vang haar ma se reaksie vas. Die reaksie op die video was so goed dat sy besluit het om haar ma nog ’n paar poetse te bak.

 

Smoking kills – Pranking mother dearest

A video posted by Birdline Blog (@nadiajaftha) on

 

Nadia het haar eie modeblog, Birdline Blog, en haar eie klerereeks, Strada Chic. Maar nou maak sy en haar ma naam as poetsbakkers. Hier is die haardroër-poets waaroor almal praat:

The Conjuring 3 A video posted by Birdline Blog (@nadiajaftha) on

 

Maar dis glo nie ’n eenrigting-straat nie. Ma Nawaal bak net soveel poetse op haar dogter – sy het net nie altyd ’n kamera naby nie …

Kyk na nog van hul video’s hier:

A video posted by Birdline Blog (@nadiajaftha) on

Lees nou

Paris Hilton oor vliegtuig-poets: “Ek dog ek gaan dood!”

Die nuwe (onwettige) trend in Hollywood

Blogger skeer haar gesig vir mooier vel – sal jý ook?